Boomaalwyn

From Wikipedia, the free encyclopedia

Boomaalwyn
Remove ads

Die boomaalwyn (Aloidendron barberae) - voorheen Aloe barberae en Aloe bainesii [1][2] - is 'n boom wat vanaf die Oos-Kaap, deur KwaZulu-Natal tot in Mpumalanga voorkom. Dit kom ook voor in Eswatini en Mosambiek. Hierdie spesie is die grootste en hoogste aalwyn en word tot 18 m hoog. Dit groei in gebiede wat hoë jaarlikse reënval geniet in digte bosse of beboste klowe en op ruwe berghellings. Die blomme word regop in are gedra en hulle is roospienk tot oranje met groen punte.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

In die Krugerwildtuin is hulle beperk tot twee rivierklowe net noord van die Krokodilrivier in die Malelane-omgewing.[3] Die boom se FSA-nommer is 28.[4]

In Engels staan die plant bekend as tree aloe.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads