Alpha Ophiuchi

ster in die sterrebeeld Slangdraer (Ophiuchus) From Wikipedia, the free encyclopedia

Alpha Ophiuchi
Remove ads

Alpha Ophiuchi (α Ophiuchi, afgekort as Alpha Oph of α Oph), ook bekend as Rasalhague,[10] is ’n dubbelster en die helderste ster in die sterrebeeld Slangdraer (Ophiuchus).

Kitsfeite
Remove ads

Eienskappe

Alpha Ophiuchi is ’n dubbelsterstelsel met ’n wentelperiode van sowat 8,62 jaar. Die primêre komponent, Alpha Ophiuchi A, het ’n massa van sowat 2,4 keer die Son s’n en die sekondêre komponent, Alpha Ophiuchi B, ’n massa van 0,85 keer soveel.[2] Die massa van die tweede komponent dui daarop dat dit ’n sterreklassifikasie van K5V tot K7V het: ’n hoofreeksster wat steeds waterstof in sy kern verbrand. Die sterre se periastron, die naaste posisie aan mekaar, was omstreeks 19 April 2012, toe daar ’n hoekskeiding van 50 milliboogsekondes tussen hulle was.[2] Die sterre se gesamentlike skynbare magnitude is 2,08.

Die primêre komponent se sterreklassifikasie van A5 III dui aan dat dit ’n reusester is wat die hoofreeks verlaat en sy waterstofvoorraad uitgeput het. Sy ligsterkte is sowat 25 keer dié van die Son en sy effektiewe temperatuur is 8 000 K, wat dit die tipiese wit skynsel van ’n A-tipe ster gee.[7][11]

Alpha Ophiuchi A het ’n vinnige rotasiespoed van sowat 240 km s−1;[7] dit is sowat 88,5% van die rotasietempo waarteen die ster sal uiteenspat.[12] Die gevolglike ewenaarbult is sowat 20% groter as die poolradius, wat die ster ’n ovaal vorm gee. Vanweë dié verwronge vorm is die effektiewe temperatuur by die pole sowat 1 840 K hoër as by die ewenaar.[2] Van die Aarde af kyk ’n mens feitlik reg op die ewenaar vanweë die rotasie-as van die ster wat teen ’n inklinasiehoek van 87,°7 ± 0°4 lê.[12]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads