Gekonfedereerde State van Amerika

From Wikipedia, the free encyclopedia

Gekonfedereerde State van Amerika
Remove ads

Die Gekonfedereerde State van Amerika (Engels: Confederate States of America (CSA of C.S.)) was 'n konfederasie van deelstate wat in 1860 en 1861 eensydige onafhanklikheid van die Verenigde State van Amerika (VSA) verklaar het. Die konfederasie, wat tussen 1861 en 1865 bestaan het, is oorspronklik deur sewe sogenaamde Slawestate in die Laer Suide van die VSA gevorm wat deur 'n agrariese ekonomie met katoen as een van die vernaamste uitvoerprodukte en 'n uitgebreide plantasiestelsel met swart slawearbeiders gekenmerk is.

Confederate States of America
Gekonfedereerde State van Amerika

1861–1865
Thumb Thumb
Vlag Wapen
Leuse: Deo Vindice
(Latyns vir: "Onder God, ons verdediger")
Volkslied: Geen amptelike
God Save the South (nie-amptelik)
The Bonnie Blue Flag (gewild)
Dixie (tradisioneel)
Thumb
Ligging of Gekonfedereerde State van Amerika
Ligging van die CSA
Hoofstad Montgomery, Alabama (4 Februarie 1861–29 Mei 1861)
Richmond, Virginië (29 Mei 1861–9 April 1865)
Taal/Tale Engels (de facto)
Regering Republiek
President
 - 1861–1865 Jefferson Davis
Adjunkpresident
 - 1861–1865 Alexander Stephens
Wetgewer Kongres
Historiese tydperk Amerikaanse Burgeroorlog
 - Suid-Carolina verlaat die VSA20 Desember 1860
 - Konfederasie gevorm4 Februarie 1861
 - Sesessie4 Februarie 1861
 - Grondwet goedgekeur11 Maart 1861
 - Slag van Fort Sumter12 April 1861
 - Beleg van Vicksburg18 Mei 1863
 - Amerikaanse anneksasie van die Gekonfedereerde State9 April 1865
 - Vrylating van alle slawe18 Desember 1865
Oppervlakte
 - 18601 995 392 km2
770 425 sq mi
Bevolking
 - 1860 skatting9 103 332 
     Digtheid4,6 /km² 
11,8 /sq mi
Geldeenheid CSA-dollar

Elkeen van die konfederasie se lidstate het sy onafhanklikheid ná die verkiesing van die Republikeinse presidentskapskandidaat Abraham Lincoln in November 1860 verklaar wat hom in sy verkiesingsveldtog teen die verdere uitbreiding van die slawernystelsel uitgespreek het. Nog voordat Lincoln in Maart 1861 die ampseed afgelê het, het die Slawestate in Februarie van dié jaar hul eie Gekonfedereerde regering geproklameer wat deur die VSA-regering as onwettig beskou is.

Die politieke geskille het in April geëskaleer tot 'n gewapende konflik wat later as die Amerikaanse Burgeroorlog bekend sou staan, terwyl vier verdere Slawestate in die Hoër Suide (Upper South) hul eensydige onafhanklikheid verklaar en by die Gekonfedereerde State aangesluit het. Die Konfederasie het met Missouri en Kentucky later ook twee deelstate as lede erken wat hulle nòg onafhanklik verklaar het van die VSA nòg op enige tydstip van die konflik merendeels deur Gekonfedereerde magte beheer is. In dié twee state het Gekonfedereerde skaduregerings pogings aangewend om die bewind oor te neem, maar is later in ballingskap gestuur.

Geeneen van die politieke besware, wat deur die Gekonfedereerde State as redes vir hul eis op selfbeskikking en sesessie aangevoer is, is deur die Amerikaanse regering (die Unie) erken nie. Terwyl ook geen buitelandse moondheid diplomatieke erkenning aan die Konfederasie gegee het nie, was die Verenigde Koninkryk en Frankryk nogtans bereid om aan die Gekonfedereerde State die status van oorlogsparty ooreenkomstig internasionale reg toe te ken.

Die Amerikaanse Burgeroorlog het op 12 April 1865 met 'n Gekonfedereerde aanval op Fort Sumter begin, 'n militêre vesting van die Unie wat in die hawe van Charleston in Suid-Carolina geleë was. Ná vier jaar se hewige gevegte, wat hoofsaaklik op Gekonfedereerde gebied gevoer is, het alle Gekonfedereerde magte in die lente van 1865 oorgegee en is die Konfederasie ontbind.

Geen formele einde is aan die konflik gebring nie, terwyl feitlik alle Gekonfedereerde magte hulle tot laat in 1865 oorgegee het of ontbind is. Die Gekonfedereerde president Jefferson Davis het later opgemerk dat die Konfederasie in 1865 "verdwyn" het.

Remove ads

Vlae

Remove ads

Deelstate en vlae

Thumb
██ Gekonfedereerde State van Amerika ██ Geëis deur die CSA
Thumb
Kaart van die Gekonfedereerde State van Amerika
Thumb
Evolusie van die Konfederale State, 20 Desember 1860 – 15 Julie 1870
Meer inligting Deelstaat, Afskeidings-en Konfederale staatsvlae ...
Remove ads

Regering

Thumb
President Jefferson Davis
Thumb
Adjunkpresident Alexander Stephens
Meer inligting Pos, Naam ...

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads