Amhare

From Wikipedia, the free encyclopedia

Amhare
Remove ads

Die Amhare (Amharies: አማራ, Āmara; Ge'ez: አምሐራ, ʾÄməḥära) is 'n etniese groep inheems aan die noordelike en sentrale hooglande van Ethiopië, veral in die Amharastreek. Volgens die nasionale sensus van 2007 woon byna 20 miljoen Amhare in Ethiopië, sowat 27% van dié land se bevolking. Hulle praat Amharies, 'n Semitiese taal binne die Afro-Asiatiese taalfamilie, as moedertaal.

Thumb
Ligging van Amhara in Ethiopië, een van nege etniese streke
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Amharies.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die Amhare vorm die grootste etniese groep in Ethiopië naas die Oromo en het hulle naam gegee aan die Amharastreek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Amharies is die amptelike taal van Ethiopië, hoewel dit nie dié land se grootste taal is nie.

Die Amhare vorm sedert eeue gelede Ethiopië se invloedrykste etniese groep; hulle was die dryfkrag agter die Keiserryk Ethiopië, wat tussen 1137 en 1974 bestaan het.

Daarbenewens woon sowat 195 260 Amhaarse immigrante in die Verenigde State, 115 500 in Israel, 18 020 in Kanada, 8 620 in die Verenigde Koninkryk, 5 600 in Duitsland en 4 515 in Australië.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads