Beta Israel

From Wikipedia, the free encyclopedia

Beta Israel
Remove ads

Die Beta Israel (Hebreeus: בֵּיתֶא יִשְׂרָאֵל‬, Béjte Jisra'él; Ge'ez: ቤተ እስራኤል, Bēta 'Isrā'ēl, hedendaags: Bēte 'Isrā'ēl, Encyclopaedia Aethiopica: Betä Ǝsraʾel, letterlik: "Huis van Israel" of "Gemeenskap van Israel"[4]), ook bekend as Ethiopiese Jode (Hebreeus: יְהוּדֵי אֶתְיוֹפְּיָה, Jehoedéj Etiópija; Ge'ez: የኢትዮጵያ አይሁድዊ, ye-Ityoppya Ayhudi), is Jode wie se gemeenskap oor eeue heen in die gebied van die Koninkryk Aksum en die Keiserryk van Ethiopië, wat nou tussen die Amhara- en Tigray-streke van Ethiopië en Eritrea verdeel is, geleef en ontwikkel het. Die meeste van hierdie mense het sedert die laat 20ste eeu na Israel geëmigreer.[5] Hulle word ook Falasja genoem, wat uit Oud-Ethiopies (Ge'ez) afgelei is en "uitgewekenes" of "uitgeweke" beteken en 'n neerhalende konnotasie behels.[6] In Ethiopië het hulle 'n kaste van ambagsmanne gevorm wat oor eeue heen smeewerk uitgeoefen het, omdat hulle nie grond kon besit nie.[7]

Thumb
Kaart van Joodse gemeenskappe in Ethiopië voor hulle emigrasie na Israel
Thumb
Onakkurate verteenwoordiging van beweerde blygebiede van die Joodse diaspora rondom 1490:
Europa:

 Asjkenasiese Jode

 Sefardiese Jode

 Italiaanse Jode (Italkim, Sefaraddim, Asjkenasim en ander groepe)

 Romaniote Jode

 Karaïete-Jode


Afrika:

 Berber-Jode

 Jode van Bilad el-Sudan (Wes-Afrika, Timboektoe)

 Beta Israel


Midde-Ooste/Kaukasus (gewoonlik saam met Mizrachi-Jode gegroepeer):

 Palestynse Jode

 Babiloniese/Irakse Jode

 Koerdiese Jode

 Jemense Jode

 Georgiese Jode

 Bergjode

 Persiese/Buchara-Jode


Indië en China (vir latere tydperke: Bagdadse Jode):

 Bene Israel

 Cochin-Jode

 Kaifeng-Jode

Moenie verwar word met Bene Israel nie.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die Beta Israel was eens in noordelike en noordwestelike Ethiopië in meer as 500 klein dorpies oor 'n groot gebied wyd versprei, saam met bevolkings van Moslems en hoofsaaklik Christene.[8] Die meeste van hulle was gekonsentreer in die gebied rondom en noord van die Tanameer en die Blou Nyl, in die Gondar-streek saam met die Wolqayit, Shire en Tselemt, Dembia, Segelt, Quara en Belesa.

Die Beta Israel het in die latere 20ste eeu hernude kontak met ander Joodse gemeenskappe gemaak. Na Halagiese en grondwetlike besprekings het Israeliese amptenare op 14 Maart 1977 besluit om die Israeliese wet van terugkeer op die Beta Israel toe te pas.[9] Die Israeliese regering en Amerikaanse nieregeringsorganisasies soos die American Association for Ethiopian Jews (Amerikaanse Assosiasie vir Ethiopiese Jode, AAEJ) het alijá-bedrywighede geloods[10] om die mense na Israel te bring.[11] Hierdie aktiwiteite sluit in Operasie Broers tussen 1977 en 1991 in Soedan (dit sluit die groot operasies Moses en Josua in) en in die 1990's van Addis Abeba (wat Operasie Salomon insluit).[12][13][14] Van die grootste alijá-operasies sluit in Moses (1984/85), Salomo (1991) en Duifvlerke (2011). Tans bly nog sowat 8 000 Jode in Ethiopië, waarvan omtrent 5 000 in Gondar.[15]

Teen die einde van 2010 was daar 119 700 mense van Ethiopiese afkoms in Israel, insluitende sowat 78 900 mense wat in Ethiopië gebore is en ongeveer 40 800 wat in Israel gebore is (sowat 34 persent van die gemeenskap) met minstens een ouer wat in Ethiopië of Eritrea gebore is.[16] Net 'n klein aantal van Ethiopiese Jode het in Ethiopië oorgebly, terwyl 'n verdere aantal hulle in die Verenigde State gevestig het.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads