Angara
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Angara (Boerjaties: Ангар, Angar, letterlik: "gesplete"; Russies: Ангара́, Angará), soms ook Bo-Toengoeskarivier (Верхняя Тунгуска, Verkhnyaya Tunguska) of Laer-Angara (Ни́жняя Ангара́, Nizhnyaya Angara) genoem, is die grootste sytak van die Jenisejrivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 1 799 km (1 105 myl), ontspring naby Irkoetsk uit die Baikalmeer en vorm dié meer se enigste uitvloei. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Irkoetsk-oblast en bereik Bratsk. Verder noord vloei die Angara in 'n westelike rigting deur die Krasnojarsk-krai en mond sowat 250 km noord van Krasnojarsk in die Jenisejrivier uit.[1] Die Selenga, die grootste van die Baikalmeer se invloeiende riviere, word hidrologies as die Angara se boloop beskou.
Remove ads
Fotogalery
- Die Angara se oorsprong in die Baikalmeer
- Die Angara naby die Baikalmeer
- Die Angara naby Bratsk
- Nasa-Satellietbeeld van die Irkoetskdam
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads


