Selenga
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Selenga of Selenge (Boerjaties: Сэлэнгэ гол, Selenge gol, Сэлэнгэ мүрэн, Selenge müren; Mongools: Сэлэнгэ мөрөн, Selenge mörön; Russies: Селенга́, Selengá) is die grootste van die Baikalmeer se invloeiende riviere. Die rivier, met 'n lengte van 1 480 km, ontstaan deur die saamvloei van die Delgermörön- en Iderrivier in Hövsgöl, Noord-Mongolië. Aansluitend vloei die rivier, in Mongolië Selenge genoem, in 'n noordoostelike rigting deur Noord-Mongolië en bereik die Russiese grens. In Rusland word die rivier Selenga genoem en vloei dit in 'n noordelike rigting deur die republiek Boerjatië tot by die republiek se hoofstad, Oelan-Oede. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting en mond in die Baikalmeer uit.[1] Die Selenga word hidrologies as die Angara se boloop beskou.
Remove ads
Fotogalery
- Die Selenga in Mongolië, hier die Selenge genoem
- Die Selenga tussen 100 en 200 km suid van die Russiese grens
- Die Selenga naby Oelan-Oede
- Nasa-satellietbeeld van die Selenga se monding in die Baikalmeer
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads


