Madagaskar-bontpaling
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Madagaskar-bontpaling (Anguilla marmorata) is 'n varswatervis wat in riviere van Madagaskar en aanliggende eilande voorkom. Dit kom ook voor in riviere aan die ooskus van Afrika vanaf die Zambezirivier tot by die Oos-Kaap. Die paling is egter meer volop suid van die Limpoporivier. In Engels staan die vis bekend as die Giant mottled eel.
Remove ads
Voorkoms


Die vis is dofgeel met donkerbruin of swart vlekke op en word tot 1.85 m lank. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 16.36 kg.
Habitat
Die paling verkies diep rotspoele om in te woon en is snags aktief. Die spesie eet graag krappe, paddas en ander vis.
Sien ook
![]() |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Anguilla marmorata. |
Eksterne skakel
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads