Wildsbok

From Wikipedia, the free encyclopedia

Wildsbok
Remove ads

Wildsbokke is hoefdraende soogdiere wat tot die familie Bovidae (horingdraers of beesfamilie) behoort. Wildsbokke is 'n groep diere wat nie baie gemeenskaplike eienskappe het nie, maar wat nie by die kategorieë skape, beeste, bokke of buffels ingesluit word nie. Ook word hulle onderskei van die herte (Cervidae) waar die gewei jaarliks gewissel word, en van die okapi en kameelperd (Giraffidae).

Hierdie artikel handel oor lede van die familie Bovidae (Engels antelope); vir ander gebruike van "bok", sien bok (dubbelsinnig).

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie ...

Inheemse wildsbokke word veral in Afrika aangetref, maar ook in Asië en Indië. Die mees akkurate manier om die groep diere te beskryf is dat hulle plantvretende ewehoewige soogdiere is wat twee horings op hul kop het. Hulle is gewoonlik maer, met dun bene, sterk agterkwarte en 'n kort stert. Wildsbokke word ook breedweg as antilope aangedui, alhoewel die ware antilope onder die subfamilie Antilopinae resorteer.

Remove ads

Fisieke kenmerke

Thumb
'n Klipspringer, afgeneem in 'n dieretuin in Orlando, Florida.

Die grootte verskil baie tussen verskillende spesies. Hulle is almal goeie hardlopers en springers, maar net 'n paar spesies het goeie genoeg balans om goed te kan klim.

Wildsbokke se pels is dig en kort. Hulle is herkouers, met goed ontwikkelde kiestande, maar geen boonste snytande nie. Om grasstingels en blare af te skeur, druk hulle hul onderste snytande teen die harde boonste tandvleis. Hul sintuie is fyn ontwikkel om hulle teen roofdiere te beskerm. Hul is aan die kant van hul kop, met horisontale verlengings van hul pupille, om sodoende 'n wye uitsig na agter en voor te hê. Hul reuk en gehoor is ook besonder goed, wat help ná donker, die tyd wanneer roofdiere dikwels jag.

Albei geslagte het horings, met die mannetjie s'n gewoonlik groter. Langer horings by mannetjies het waarskynlik te doen met die nodigheid om mee te ding vir paringsregte. Die klipspringer, 'n spesie waar die mannetjie en wyfie lewenslank paar, se horings is baie klein. Daarteenoor het spesies waar die mannetjies moet meeding om die aandag van talle wyfies, horings wat tot 1,5 m lank kan wees. Die horings weeg egter nie baie nie, aangesien dit hol is.

Die mannetjie is gewoonlik ook fisiek groter as die wyfie en die kleur van hul pels kan in sekere spesies ook verskil.

Dit is moeilik om te bepaal hoe lank wildsbokke lewe. Dit is baie onwaarskynlik dat 'n wildsbok in die natuur ouer as tien jaar sal word weens die groot getalle wat deur roofdiere gevang word.

Remove ads

Verspreiding

Egte wildsbokke kom slegs in die Ou Wêreld, dit wil sê Europa, Asië en Afrika (uitgesonderd Madagaskar, Australasië en Maleia) voor en verreweg die meeste soorte is tot Afrika beperk. Sowat 10 000 000 jaar gelede het groot kuddes wildsbokke op die grasvlaktes van Europa voorgekom en eers heelwat later het hulle uit die noorde na Afrika getrek.

Die eerste blanke jagters en koloniste wat van die Kaap af die binneland ingegaan het, het wildsbokke in groot getalle aangetref. Dit het hul belangrikste vleisbron gevorm, maar onoordeelkundige jag het die getalle van hierdie diere so laat krimp dat sekere soorte met uitsterwing bedreig is en een soort, die bloubok (Hippotragus leucophoeus) heeltemal uitgeroei is.

Die geweer, wat gedurende die 19de eeu groot veranderings ondergaan het sover dit akkuraatheid en trefafstand betref, het veral onder die grootboksoorte 'n geweldig hoe tol geëis. Hierdie boksoorte is ook die swaarste getref deur landboukundige uitbreidings en moderne boerdery-metodes.

Remove ads

Gedrag

Thumb
'n Damara-dik-dik

In teenstelling met vleisvreters en primate, is wildsbokke nie bekend vir hul hoë intelligensie nie. Hul weiding hardloop nie weg nie; hulle hoef dus nie vinnig te dink nie. Hulle is wel baie knap om van hul vyande af weg te kom. Hulle kan baie vinnig hardloop, is vaardig met vinnige swenke en kan hul spoed 'n lang tyd handhaaf.

Wildsbokke kommunikeer met mekaar deur middel van 'n wye verskeidenheid van klanke. Die Damara-dik-dik fluit byvoorbeeld wanneer hy onraad bemerk en waarsku ander dierespesies ook so in die proses. Visuele kommunikasie is egter ook baie belangrik. Die dier se liggaamshouding en beweging vertel baie vir die ander wildsbokke. As 'n wildsbok opgewonde of senuweeagtig is, wip die dier op en af, met al vier pote stokstyf uitgestrek. (Dit is nie die geval met die groter, swaarder spesies nie.) Dié gedrag word "pronk" genoem. Reuk word ook vir kommunikasie gebruik. Wildsbokke wat in troppe voorkom, het gespesialiseerde kliere in hul hoewe. Dit laat 'n reukspoor agter. As 'n enkele wildsbok dus per ongeluk van die trop afdwaal, kan dit deur middel van dié reukspoor die pad na die trop terugvind.

Die wildsbokspesies wat in woude aangetref word, bly gewoonlik hul hele lewe lank op dieselfde plek, terwyl die diere van die oop vlaktes gewoonlik wyd migreer om te kan wei en voortplant.

Klassifikasie

Wildsbokke word in 'n aantal subfamilies verdeel. By party subfamilies is die lede oor die algemeen klein wildsbokke (skouerhoogte gemiddeld laer as 'n meter). Terwyl die kenmerkende soorte van die ander onderfamilies oorwegend groot wildsbokke met 'n skouerhoogte van 'n meter of hoër is.

Grootboksoorte van Suid-Afrika

Die grootboksoorte behoort almal tot die onder- of subfamilies Tragelaphinae, Reduncinae, Alcelaphinae en Hippotraginae (perdagtiges).

Meer inligting Subfamilie, Grootboksoort ...
Remove ads

Spesies

Thumb
Wildsbokke by die Nasionale Dieretuin in Pretoria: elande (Tragelaphinae), rooilechwes (Reduncinae) en springbokke (Antilopinae)

Daar is omtrent 90 spesies wildsbokke, in omtrent 30 genera, in die wêreld. Ongeveer 15 spesies word bedreig.

In biologie, is 'n spesie (ook soms die soort genoem) die basiese eenheid van biodiversiteit. In die wetenskaplike klassifikasiesisteem, word 'n spesie aangedui deur 'n frase van twee woorde in Latyn. Die genusnaam is eerste, gevolg deur die spesienaam. Die mens word byvoorbeeld as 'n spesie aangedui as volg: Homo (die genus) en sapiens direk daarna, as die spesie.

Remove ads

Kultuuraspekte

Die wildsbokhoring word op talle plekke hoog aangeslaan vir die geneeskundige of towerkrageienskappe daarvan. Op ander plekke is dit steeds 'n statussimbool om die wildsbokkop met die horings in die jagter se huis uit te stal.

Sien ook

Bronnelys

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads