Aperture (programmatuur)

From Wikipedia, the free encyclopedia

Aperture (programmatuur)
Remove ads

Aperture is ’n fotoredigering- en bestuurstoepassing wat deur Apple Inc. ontwikkel is vir die OS X-bedryfstelsel. Dit is aanvanklik in 2005 vrygestel[1] en is verkrygbaar op die Mac Toepwinkel.[2] Die programmatuur hanteer ’n aantal take soos die invoer en organiseer van beeldlêers, die toepassing van korrektiewe verstellings, die vertoon van skyfievertonings en die druk van foto’s wat algemeen in postproduksie voorkom.

Kitsfeite Ontwikkelaar, Aanvanklike vrystelling ...

Eienskappe van Aperture sluit nie-vernietigende redigering, organisering van foto’s volgens sleutelwoord, gesigte (deur middel van gesigsherkenning en -erkenning) en plekke (deur middel van GPS-metadata wat in beeldlêers ingebed is), kwaste vir die aanwending van effekte (soos ontwyking en inbranding, velversagting en polarisering) en uitstuur na verskeie gewilde webblaaie insluitend Flickr, Facebook, SmugMug en Apple se iCloud. Die toepassing is deur talle onafhanklike persone geresenseer.[3][4][5][6]

Op 6 Januarie 2011 het Apple die beskikbaarheid van Aperture op die Mac Toepwinkel aangekondig.[7] Aperture 3.5, die nuutste weergawe van die programmatuur, is op 22 Oktober 2013 vrygestel en werk op Intel-gebaseerde Mac-rekenaars. Die weergawe bied ondersteuning vir iCloud Fotodeling, integreer SmugMug en voeg ondersteuning vir iOS 7-kamerafilters toe. Aperture 3.5 benodig OS X 10.9 Mavericks of nuwer om te werk.

Remove ads

Funksies

  • Volle roudataformaatondersteuning vanaf invoer na uitstuur (vir ondersteunde kamera’s)
  • Ondersteun verbinde fotografering van Nikon en Canon digitale spieëlreflekskamera’s.[8]
  • Meester beeldlêers (rou of anders) kan in een plek bewaar word tydens invoer of wanneer na die Aperture-biblioteek gemigreer word.
  • Rou Verfyning wat weergawes van rou dekodering om oor tyd bestuur te word en omsettingsparameters om verstel te word.
  • Talle beeldaanpassingsnutsmiddels insluitend kleurbywerking, ’n helderheidsgebaseerde randskerpmaker en kolherstelling.
  • Lenskorreksienutsmiddels soos chromatiese afwyking.
  • Projekbestuur met uitgebreide metadata- en soekondersteuning.
  • Outostapeling, ’n manier om foto’s te groepeer gebaseer op die tyd tussen sluiterklikke.
  • Stapels (vir groepering van foto’s) en Weergawes (om meerdere kopieë van dieselfde beeld te maak).
  • Strek oor meerdere skerms.
  • Loep waarmee van 50% tot 1600% gezoem kan word.
  • Ligtafel, ’n tipe vryevormwerkspasie.
  • Inheemse ondersteuning van die Adobe Photoshop PSD, PNG, JPEG en TIFF-formate.
  • Nie-vernietegende beeldredigering
  • Verstelbare druk en publisering
  • Ondersteun invoere van USB en FireWire-geheuekaartlesers of direk vanaf ’n kamera wat d.m.v. USB verbind is.
  • Die vermoë om meerdere beelde gelyktydig te zoem en verskuif.
  • Lees- en skryfondersteuning vir IPTC-beeldmetadata.
  • Aanpasbaare boekskepping.
  • Webgallery- en woernaalskepping, oplaaibaar deur FTP of WebDAV.
  • Volledig uitgeruste volskermmodus vir redigering en sortering van beelde.
Remove ads

Aperture 2.0

Aperture 2.0 is op 12 Februarie 2008 vrygestel met ’n verminderde prys van $199[9] in vergelyking met die $499 wat weergawe 1.0 in Amerika gekos het.

  • Vaartbelynde koppelvlak.
  • Verbeterde beeldverwerking weens databasisoptimering en koppelvlakverbeterings.
  • Verbeterde beeldverwerking met opgedateerde roudata-ondersteuning.
  • Verbeterde integrasie met OS X MobileMe (nou iCloud) en verskeie programmatuurpakkette insluitend iLife en iWork.
  • Ondersteuning vir redigering van inproppe insluitend Apple se eie ontwykings- en inbrandingsnutsmiddel (Aperture 2.1).[10]
Remove ads

Aperture 3.0

Aperture 3.0 is op 9 Februarie 2010 vrygestel[11] en dit is die eerste weergawe van Aperture wat slegs op Intelgebaseerde Macintosh-rekenaars werk (vorige weergawes kon op PPC-gebaseerde stelsels ook werk). In Februarie 2011 het Apple Aperture 3.0 deur die Toepwinkel beskikbaar gestel teen ’n verminderde prys van $80 in Amerika. Apple het aanspraak gemaak op meer as 200 nuwe funksies in weergawe 3.0 en het die grootste verbeteringe soos volg genoem:[12]

  • ’n 64 bis-toepassing wat groot lêers soos ultra hoë definisie skanderings kan hanteer.
  • Gesigsherkenning en -erkenningsfunksie genaamd Faces.
  • Plaas prente op kaarte deur Plekke te gebruik. Dit is versoenbaar met GPS-metadata en handmatig wysigbaar deur ’n interaktiewe kaart.
  • Inheemse integrasie met Flickr en Facebook.
  • Nie-vernietigende, randbewuste kwaste om verstellings aan foto’s aan te bring.
  • Dosyne nuwe ingeboude verstellingsinstellings. Sommige fotograwe het pasgemaakte instellings beskikbaar gestel om afgelaai te word.[13]
  • Gevorderde skyfievertonings.
  • Hantering en redigering van video- en klanklêers.

Weergawegeskiedenis

Meer inligting Weergawe, Vrystellingsdatum ...
Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads