Appel

eetbare, vlesige vrug van die appelboom From Wikipedia, the free encyclopedia

Appel
Remove ads

'n Appel is die eetbare, vlesige vrug van die appelboom, die spesies Malus domestica in die roosfamilie Rosaceae. Die oorsprong van appels is uit die wilde spesie Malus sieversii in Sentraal-Asië, waar voorbeelde tot vandag toe nog gevind kan word. Van hierdie streke het die appelboom voor die Ystydperk na Europa versprei, en daarna na die Nuwe Wêreld. In Suid-Afrika is die appel 'n gewilde vrug om vars te eet, maar klein hoeveelhede word ook verwerk tot appelsap en appelpuree of word gedroog. Appels word ook gebruik om appelwyn, wat sider genoem word, te maak. Hiervoor word 'n spesiale soort appel, die siderappel, gekweek. Die gewone appel (Malus sylvestris) is ook familie van die Siberiese “crab"- appel (Malus baccata) en die Japanse blomappel (Malus pulcherima), wat as sierbome en struike in tuine aangeplant word.

Hierdie artikel handel oor die vrug. Vir die Afrikaanse sanger, sien Appel (sanger).

Kitsfeite Wetenskaplike klassifikasie, Binomiale naam ...
Thumb
'n Golden Delicious appel.
Remove ads

Die boom

Die appelboom aard in 'n gematigde klimaat. Dit verkies koue winters omdat die koue die slapende knoppe se rus breek. As die winter nie koud genoeg is nie, bly baie van die knoppe slapend en die boom ly aan die verskynsel van vertraagde bot, wat verpotte groei en 'n beperkte vrugtedrag tot gevolg het. Om hierdie rede kan appels nie in die warmer dele van Suid-Afrika verbou word nie. 'n Appelboom word om verskeie redes op 'n onderstam geënt wanneer dit nog jonk is.

Dit is bekend dat 'n ton vrugte van een boom gepluk kan word, maar in die algemeen word appelbome baie kleiner gehou om hantering te vergemaklik. Om te vergoed vir die kleiner drag per boom word baie bome na aan mekaar geplant, en 'n oes van 80 tot 100 t per ha is deesdae 'n algemene verskynsel. Die vorm van die boom wissel volgens die manier waarop dit gesnoei en opgelei word, en dit kan 'n heining- of kelkvorm hê.

Remove ads

Die blaar en blom

Appelblare is meestal ovaalvormig met gesaagde rande; die bladskyf het dikwels hare aan die onderkant en het 'n korterige bladsteel. Die blare en blomme kom saam uit 'n vrugteknop in die lente te voorskyn. Vier tot sewe blomme verskyn uit een knop en word in 'n tros gedra. Die blom aan die bopunt van die tros gaan die eerste oop en dra die beste vrug. Elke blom het vyfkroonblare, 'n menigte stuifmeeldrade en 'n vrugbeginsel wat vyf saadhokke en style bevat.

Remove ads

Die vrug

Volgens die plantkundiges is die appel nie 'n tipiese vrug soos die perske nie. Die vrug bestaan uit 'n kerngedeelte (klokhuis) wat die sade bevat en die eintlike botaniese vrug behoort te wees. Die vleisgedeelte rondom die kern is die deel wat geëet word, en dit is vermoedelik afkomstig van die blombodem of die gesamentlike basisgedeeltes van die kelkblare, kroonblare en stuifmeeldrade. Die dooie blomoorblyfsels is duidelik te sien in die induiking (kelkent) aan die teenoorgestelde kant van die stingelent van die vrug.

Sommige variëteite van appels

  • Gala
  • McIntosh
  • Winesap
Thumb
Bloeisels, vrugte en blare van die appelboom (Malus domestica)

Produksie

Meer inligting Land, 2012 (in ton) ...

Ander lande met meldbare produksie in 2022 is Duitsland (1 070 980 t) en Brasilië (1 047 217 t).

Remove ads

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads