Asab

From Wikipedia, the free encyclopedia

Asabmap
Remove ads

Asab is 'n nedersetting in die ǁKaras-distrik in die suide van Namibië. Die plek se naam is 'n Nama woord wat "nuwe ding" beteken. Dit is op die B1-nasionale pad halfpad tussen Mariental en Keetmanshoop geleë. Sowat 23 km (14 myl) oos van Asab is die Mukurob-spits (Vinger van God) wat in 1988 ineengestort het.[1]

Kitsfeite Land, Streek ...

Asab ressorteer onder die Berseba-kiesafdeling. Die dorpie beskik oor 'n vulstasie, winkel en 'n klein hotel,[2] alhoewel nie een van hierdie besighede tans oop is nie. Vir die rede is die plek al as 'n spookdorp beskryf.[3] Die Asab-spoorwegstasie is 'n halte op die TransNamib-lyn vanaf Windhoek na Keetmanshoop.

Ongeveer 3 km buite Asab is die Groendoring-gemeenskap wat na die Groendoringboom vernoem is. Die gemeenskap beskik oor 'n privaat kerk en 'n kleuterskool wat tans gesluit is.[4]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads