Keetmanshoop

stad in Namibia From Wikipedia, the free encyclopedia

Keetmanshoop
Remove ads

Keetmanshoop is die hoofstad van die suide van Namibië, (ǀǀKaras).[2] Die B1-hoofweg gaan deur die dorp.

Kitsfeite KeetmanshoopǂNuǂgoaes Swartmodder, Land ...
Remove ads

Geskiedenis

Thumb
Posseëls vir die Duitse Suid-Wes-Afrika geposmerk Keetmanshoop 1899

Die oorspronklike naam was Swartmodder en in 1791 het die eerste blankesetlaar, Gideon Visagie, hom daar gevestig. Die dorp is deur die sendeling Johann Krönlein gestig as 'n pos van die Rynse Sendinggenootskap van Barmen, Duitsland. Die dorp is genoem na die voorsitter van dié Sendinggenootskap, Johann Keetman wat 1 000 thaler bygedra het vir die stigting van die oorspronklike sendingstasie op Swartmodder. Hy het nooit die plek self self besoek nie.[3]

Swartmodder is 'n vertaling van die Khoikhoi-naam Nuǂgoaes (wat swart modder beteken), en dui die begin van die lente aan.[4]

Keetmanshoop is van 1909 deur 'n dorpsraad bestuur en het in 1913 munisipale status gekry.

Remove ads

Klimaat

Die dorp is in 'n halfdorre gebied, wat normaalweg net 'n jaarlikse gemiddelde reënval van slegs 152 mm ontvang, maar in die 2010/2011 reënseisoen is 254 mm gemeet.[5]

Keetmanshoop het lang, baie warm somers en warm winters. Dit is een van die sonnigste plekke die hele jaar deur met 'n gemiddelde sonskyn duur van goed bo 87% van die tyd.[6][7] Die klimaat word gekenmerk deur sonskyn en droogheid sowel as matige hitte die hele jaar.

Remove ads

Bekende geboue en strukture

Thumb
'n Standbeeld in Keetmanshoop

Die Rynse Sendingskerk is in 1895 opgerig, en bevat nou ook 'n museum. Dit is in 1978 'n historiese monument verklaar en is 'n bekende landmerk. Die unieke kombinasie van Gotiese argitektuur met Afrika-klip, maak dit een van die argitektoniese meesterstukke in die land en 'n gewilde toeriste-aantreking. Ander befaamde geboue is die Schützenhaus, die spoorweëgebou (1908) en die poskantoor (nou die Keetmanshoop-toeriste-inligting, wat in 1910 opgerig is.[3]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads