Asturies

From Wikipedia, the free encyclopedia

Asturies
Remove ads

Asturies (asturianu in Asturies, [astuˈɾjanu]) is 'n Romaanse taal wat in sommige dele van die Spaanse provinsie Asturië gepraat word. In Asturië word die taal deur middel van statutêre reëlings wat verband hou met die Outonome Status van die streek beskerm, en is dit'n keusevak op skool. Vanweë diglossie tussen Asturies en Spaans beskou sommige vakkundiges dit as 'n dialek van Leonees, maar deesdae word dit as 'n afsonderlike taal gereken.

Thumb
Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000

 

Kitsfeite Asturies asturianu, Amptelike status ...

Die taal het uit Latyn ontwikkel met bydraes van die voor-Romaanse tale wat in die gebied van die Astures, 'n ou stam op die Iberiese Skiereiland, gepraat is. Kastiliaans Spaans bereik die gebied later, in die 14de eeu, toe die sentrale regering gesante en amptenare gestuur het om politieke en kerklike posisies te vul.

Sedert 1980 word daar baie moeite gedoen om Asturies te beskerm en te bevorder. Maar die toestand van die taal is kritiek, met 'n groot daling in die aantal sprekers in die laaste honderd jaar. Portugal het 'n verdere stap ter beskerming geneem deur ook die taal te erken.

Die weiering om Asturies amptelik te erken doen afbreuk aan die taal. Sprekers kan nie die taal in hulle daaglikse lewe gebruik nie omdat nog die regering, nog privaatinstellings dokumente in Asturies aanvaar, en nie aandag daaraan skenk om mense wat in Asturies met hulle wil kommunikeer, te akkommodeer nie. Sommiges beweer dat Asturies oor twee geslagte moontlik sal uitsterf.

Ondanks al die probleme wat die beleid van sowel die Asturiese as die Spaanse regering veroorsaak het, het die aantal jongmense wat Asturies aangeleer het en gebruik (veral as geskrewe taal) in die laaste paar jaar gestyg, veral onder intellektuele en polities aktiewe Asturiane en Leoneze wat trots is op hulle streeksidentiteit.

Aan die einde van die 20ste eeu het die Academia de la Llingua Asturiana aktiwiteite onderneem ter oorlewing van die taal: 'n grammatika, 'n woordeboek en tydskrifte. 'n Nuwe geslag van skrywers is tans aktief in die taal.

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads