Awadhi

From Wikipedia, the free encyclopedia

Awadhi
Remove ads

Awadhi (अवधी, 𑂃𑂫𑂡𑂲, [əʋ.d̪ʱiː]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 3,8 miljoen mense in Noord-Indië en Nepal gepraat word. Dit word hoofsaaklik in die Indiese deelstate Uttar Pradesh se Awadh-streek en in die aangrensende Nepalese Terai-streek gepraat. Awadhi word veral in Devanagari geskryf, 'n Brahmi-skrif uit die Indiese skriffamilie, maar soms ook in Nastaliq, 'n Perso-Arabiese skrif; in die verlede is ook die Kaithi-skrif gebruik.

Thumb
Die woord "Awadhi" in Kaithi- (bo) en Devanagari-skrif (onder)

 

Kitsfeite Awadhi अवधी 𑂃𑂫𑂡𑂲 Avadhī, Amptelike status ...

Alhoewel Awadhi oor 'n lang letterkundige tradisie beskik, word dit deur die Indiese regering as 'n Hindi-dialek beskou. Die Awadhi-letterkunde word dan as 'n deel van die Hindi-letterkunde beskou. Awadhi is in elk geval nou verwant aan Hindi, Oerdoe en Fidjiaanse Hindi. Karibiese Hindoestani én Fidjiaanse Hindi het uit beide Awadhi en Bhojpuri ontwikkel. Fidjiaanse Hindi dien saam met Engels en Fidjiaans as ampstale van die eilandnasie Fidji.[2] Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Awadhi as een van Nepal se baie nasionale tale.

As gevolg van die verskeping van werkers uit die destydse Brits-Indië word Awadhi ook in die Karibiese gebied gepraat. Dit word ook deur Indiese Suid-Afrikaners gebesig.

Die bekende Ramtjaritmanas-epos van die Indiese skrywer Toelsidas is in Awadhi geskryf.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads