B.B. King

Amerikaanse bluesmusikant (1925-2015) From Wikipedia, the free encyclopedia

B.B. King
Remove ads

Riley B. King (16 September 192514 Mei 2015), bekend as B.B. King, was 'n Amerikaanse blues-sanger, liedjieskrywer en kitaarspeler. Die hoogste burgerlike onderskeiding, die Presidential Medal of Freedom, is op 15 Desember 2006 aan hom toegeken. King word as een van die grootste blues-kunstenaars van alle tye beskou. Die musiekblad Rolling Stone het King derde op hulle lys van die beste 100 kitaarspelers geplaas.[1]

Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...

King was bekend vir sy onvermoeide uitvoering gedurende sy musikale loopbaan, wat gemiddeld op meer as 200 konserte per jaar in sy 70's verskyn.[2] In 1956 alleen het hy op 342 vertonings verskyn.[3]

Remove ads

Vroeë lewe

Riley B. King is gebore op September 16, 1925,[4] op 'n katoenplantasie in Berclair, Mississippi.[5] Hy het later by 'n katoengin in Indianola, Mississippi, gewerk. Hy was aangelok tot musiek en kitaar in die kerk. Hy het later in Memphis, Tennessee en Chicago gewoon en die wêreld deeglik getoer.

Persoonlike lewe

King was twee keer getroud, aan Martha Lee Denton, vanaf November 1946 tot 1952, en aan Sue Carol Hall, vanaf 1958 tot 1966. [6] Die mislukking van beide huwelike is toegeskryf aan die swaar eise van King se 250 vertonings per jaar. Daar word gerapporteer dat hy 15 kinders met verskillende vroue gehad het.[7]

King is in 1990 met diabetes gediagnoseer.[8] Hy het met diabetes geleef vir 20  jaar, en was 'n hoë-profiel woordvoerder in die stryd teen die siekte.[9]

King sterf op 89-jarige ouderdom in Las Vegas, Nevada, op 14 Mei 2015.

Remove ads

Diskografie

Van sy noemenswaardige albums:

  • Live at the Regal (1965)
  • Blues Summit (1993) duette met Robert Cray, Buddy Guy, John Lee Hooker, Koko Taylor, Etta James, Lowell Fulson, Albert Collins, Ruth Brown, Irma Thomas, Joe Louis Walker
  • Let The Good Times Roll-The Music of Louis Jordan (1999)
  • Riding with the King (2001) met Eric Clapton

Op DVD:

  • B.B. King & Joan Baez – Live at "Sing Sing" (2004)
  • Living Legend (2004)
  • Black Blues Experience (2004)
  • Sweet 16 (2004)
  • The Blues Sounds of B.B. King (2004)
  • In Concert (2003)
  • Live By Request (2003)
  • Live at Nicks (2002)
  • Live at Montreux (1993)

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads