Bergjode

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bergjode
Remove ads

Bergjode of Kaukasiese Jode (Azerbeidjans: Dağ Yəhudiləri; Hebreeus: יהודי קווקז, Jehoedéj Kafkas of יהודי ההרים, Jehoedéj he-Harim, Russies: Горские евреи, Ghorskije Jewrej[5]) is Jode van die oostelike en noordelike Kaukasus, veral Azerbeidjan, Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië. Hulle is die afstammelinge van Persiese Jode uit Iran.[6][7] Bergjode verwys na hulself as Djoehoer ("Jode") en na hul taal as Djoehoeri ("Joods").

Thumb
Etniese kaart van die Kaukasus-streek
Thumb
Onakkurate verteenwoordiging van beweerde blygebiede van die Joodse diaspora rondom 1490:
Europa:

 Asjkenasiese Jode

 Sefardiese Jode

 Italiaanse Jode (Italkim, Sefaraddim, Asjkenasim en ander groepe)

 Romaniote Jode

 Karaïete-Jode


Afrika:

 Berber-Jode

 Jode van Bilad el-Sudan (Wes-Afrika, Timboektoe)

 Beta Israel


Midde-Ooste/Kaukasus (gewoonlik saam met Mizrachi-Jode gegroepeer):

 Palestynse Jode

 Babiloniese/Irakse Jode

 Koerdiese Jode

 Jemense Jode

 Georgiese Jode

 Bergjode

 Persiese/Buchara-Jode


Indië en China (vir latere tydperke: Bagdadse Jode):

 Bene Israel

 Cochin-Jode

 Kaifeng-Jode

Moenie verwar word met Boerejode nie.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die Bergjode-gemeenskap het hulle vanaf die 5de eeu in Antieke Persië gevestig; hul taal, Judeo-Tat genoem, is 'n antieke Suidwes-Irannese taal wat baie elemente van antieke Hebreeus bevat en nou verwant is aan Persies.[8]

Volgens bewerings het hulle Persië uit die Antieke Israel reeds in die 8ste eeu v.C. bereik. Hulle het voortgegaan om na die ooste te migreer en hulle uiteindelik in die bergagtige gebiede van die Kaukasus gevestig. Die Bergjode het talle historiese wisselvallighede oorleef omdat hulle hulle in uiters afgeleë en bergagtige gebiede gevestig het. Die Joodse godsdiens en gebruike is deur eeue heen onderhou en bewaar. Hulle was bekend as krygers en perdryers.[verwysing benodig]

Die belangrikste Bergjode-nedersetting in Azerbaijan is Qırmızı Qəsəbə, ook "Jerusalem van die Kaukasus" genoem.[9][10] In Russies was Qırmızı Qəsəbə eens bekend as Еврейская Слобода (Jewrejskaja Sloboda, "Joodse dorpie"), maar tydens die Sowjet-tye is dit herdoop na Красная Слобода (Krasnaja Sloboda, "Rooi dorpie").[11]

Bergjude word onderskei van Georgiese Jode van die Kaukasusberge. Die twee groepe is kultureel en etnies anders, praat verskillende tale en het baie verskille in gebruike en kultuur.[12]

As gevolg van die alijá het die meeste Bergjode hulle in Israel gevestig, waar tussen 100 000 en 140 000 leef. In Azerbeidjan is nog tussen 22 000 en 50 000 Bergjode oor. 'n Bykomende 10 000 tot 40 000 het hulle in die Verenigde State gevestig.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads