Bernie Ecclestone

From Wikipedia, the free encyclopedia

Bernie Ecclestone
Remove ads

Bernard Charles (Bernie) Ecclestone (* 28 Oktober 1930 naby Bungay in Suffolk, Engeland) was die president en Hoofbesturende direkteur van Formula One Management en Formula One Administration en besit ook 'n aandeel in Alpha Prema, die moedermaatskappy van die Formule Een Groep-maatskappye. As sulks was hy as die primêre gesaghebber in Formule Een beskou. Aan die begin van 2017 is F1 se eienaarskap oorgeneem deur Liberty Media Corporation en Delta Topco. Chase Carey, die voorsitter van hierdie maatskappye, is aangewys as die uitvoerende hoof van F1. Mnr. Ecclestone het hierna in 'n raadgewende hoedanigheid as "Voorsitter Emeritus" van F1 gedien, tot in 2020.[6]

Kitsfeite Gebore, Nasionaliteit ...

In die pers word daar dikwels na hom verwys as die "F1 Supremo". Sy vroeëre betrokkenheid by die sport was as 'n deelnemer en later as bestuurder van die renjaers Stuart Lewis-Evans en Jochen Rindt. In 1972 het hy die Brabham-span gekoop, wat hy vir vyftien jaar lank bestuur het.[7] As 'n spanbaas het hy 'n lid van die "Formula One Constructors Association" geword. Sy beheer oor die sport wat gespruit het uit sy pionierswerk in die verkoop van televisieregte in die laat 1970's, is hoofsaaklik finansieel van aard maar onder die voorwaardes van die Concorde Ooreenkoms het hy en sy maatskappye die administrasie, reëlings en logistiek van alle Formule Een Grands Prix behartig. Ecclestone het probeer om aan twee Grand Prix wedrenne deel te neem in die 1958-seisoen maar het nie daarin geslaag om vir enigeen van die twee te kwalifiseer nie.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads