Bevin Fortuin
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Bevin Fortuin (* 6 Februarie 1979, George) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en voormalige Springbok. Hy het die SWD Arende en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf. Fortuin het in twee toetse vir die Springbokke gespeel, een in 2006 en die volgende in 2007.
Fortuin was ook in die Southern Kings-span wat in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het.
In 2011 het Fortuin die politiek betree en homself as kandidaat vir die Demokratiese Alliansie in die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 beskikbaar gestel.[1]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads