Vrystaat Cheetahs
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Vrystaat Cheetahs, voorheen die Oranje-Vrystaat is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan wat aan die Curriebeker en die Rugby-uitdaagreeks deelneem. Die unie speel sy tuiswedstryde op die Vrystaatstadion in Bloemfontein.
- Vir inligting oor die Superrugbyspan, gaan na Cheetahs (Superrugbyspan).
Remove ads
Algemeen
Die Vodacom Cheetahs het in die elf jaar tot 2006 tien keer onder die top 4 in die Curriebekerreeks geëindig en in die 1998 seisoene was hulle vyfde. In vier jaar (1997, 2004, 2005 en 2006) speel die span in die eindstryd om die Curriebeker. Op 14 Oktober 2006 is die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein op die Cheetahs se tuisveld teen die Blou Bulle beslis. Dit was slegs die tweede keer dat die Cheetahs besit van die Curriebeker verdedig het, nadat dit op verdienstelike wyse in 2005 op die Blou Bulle se tuisveld verower is.
In die 2007-seisoen het die Vrystaat Cheetahs hul goeie vorm voortgesit, en wen 13 van hul 14 wedstryde voor die eindronde. Na hulle die Blou Bulle in die halfeindronde in Pretoria geklop het, verower hulle die Curriebeker vir 'n derde agtereenvolgende keer deur die Goue Leeus in die eindstryd van agter in te haal met 20-18.
In die 2016-seisoen was die Toyota Cheetahs onoorwonne in die Curriebekerreeks, en hul klop die Blou Bulle in die eindstryd met 36-16.
Remove ads
Geskiedenis

Die Vrystaat Rugbyunie is op 27 Maart 1895 gestig. Die unie het hom in meer as ’n eeu op alle vlakke in Suid-Afrikaanse rugby deeglik laat geld en as een van die top-5 in die land gevestig. Hierdie aanspraak word gebaseer op prestasie, grootte van ondersteuningsnetwerk en algemene standhoudende impak op Suid-Afrikaanse rugby.
Vrystaatrugby word gevoed deur sy kragtige juniorrugby van skool- tot onder 21-vlak. Daarbenewens beskik die VRU oor uitstekende studenterugby, waarvan die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat eervol vermeld word.
Die 2012-Curriebekerseisoen was ’n laagtepunt vir die span van Bloemfontein. Hulle het een van hul swakste seisoene beleef waarin hulle slegs drie wedstryde kon wen. ’n Ligpunt was dat die voorste driedrukker vir die seisoen die Vrystaatse vleuel Raymond Rhule was. Die Cheetahs het laaste op die punteleer geëindig en moes teen die OP Kings uitspeel om hul plek in die premierafdeling van die kompetisie te behou. Die Cheetahs was egter te sterk en het altwee uitspeelwedstryde gewen om die OP uit die premierafdeling te hou. Op 4 Augustus 2012 het die Vrystaat Cheetahs teen die Cardiff Blues in ’n feeswedstryd op die rugbyveld van Grey-kollege gespeel ter herdenking van Sir George Grey, die stigter van Grey-kollege, se 200ste geboortedag.[2] Die Vrystaat het met 31 – 32 verloor. In 2013 het die span van die Vrystaat vir die 19de keer sedert 1954 in ’n halfeindronde van die Curriebekerkompetisie gespeel.[3]
Remove ads
Vername persone
Verskeie legendariese individue het gedurende die Unie se bestaan die SA rugbytoneel versier.
Springbokspelers
Die Vrystaatspelers wat as Springbokke uitgedraf het is in alfabetiese volgorde:[4]
Spelers vir ander lande
Vrystaatspelers wat vir ander internasionale spanne uitgedraf het in alfabetiese volgorde:[5]
Skeidsregters
- Att Horak (1 toets in 1938)
- Max Baise (7 toetse tussen 1966 en 1974)
- Steve Strydom (11 toetse tussen 1979 en 1986)
- Gerrit Coetzer (1 toets in 1989)
- Prof. Arrie Schoonwinkel (1 toets in 1997)
- Jaco Peyper (12 toetse sedert 2011) [6]
- Lourens van der Merwe
Afrigters
- Rassie Erasmus
- Naka Drotské
- Rory Duncan
- Franco Smith
Kapteins
'n Onvolledige lys van sommige vorige Vrystaatkapteins.[7][8]
Remove ads
Die 2019 Curriebekerspan
Voorspelers
|
Voorspelers
Agterspelers
|
Agterspelers
|
Remove ads
Rekords
Alle rekords gemeld geld vir die Vrystaatse Rugbyunie:[9]
- Eerste Vrystaatse Springbok – Boetie McHardy
- Eerste driekuns – Boetie McHardy (teen die Grens op 21 Julie 1911)
- Eerste vierkuns – Boetie McHardy (teen die Grens op 7 Augustus 1914)
- Meeste loopbaandrieë – Chris Badenhorst (136)
- Meeste drieë in een wedstryd – Hermanus Potgieter (ses teen die Oos-Vrystaat op 31 Mei 1977)
- Meeste punte in een wedstryd – Jannie de Beer (46 punte teen die Noord-Vrystaat in 1997)
- Meeste drieë in een seisoen – Jan-Harm van Wyk (16 in die 1997 Curriebekerseisoen)
- Meeste punte in een seisoen – Kennedy Tsimba (230 in die 2003 Curriebekerseisoen)
- Meeste Curriebekerwedstryde – Helgard Müller (142 in 16 seisoene)
- Meeste wedstryde in Vrystaatkleure – Helgard Müller (245 in 16 seisoene)
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads