Boeing B-29 Superfortress

Amerikaanse viermotorige bomwerper From Wikipedia, the free encyclopedia

Boeing B-29 Superfortress
Remove ads

Die Boeing B-29 Superfortress is 'n viermotorige skroefgedrewe swaar bomwerper, deur Boeing ontwerp, wat hoofsaaklik deur die Verenigde State van Amerika gevlieg is teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog en in die Korea-oorlog. Dit was een van die grootste vliegtuie wat diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog en 'n baie gevorderde bomwerper vir sy tyd, met eienskappe soos 'n drukkajuit, 'n elektroniese vuurstelsel, en 'n kwartet van afstandbeheerde masjiengeweertorings bedryf deur die vuurstelsel in sy verdedigende stertgeweerinstallasie.

Kitsfeite B-29 Superfortress ...
Thumb
Boeing se Whichata B-29 monteerlyn in 1944

Die naam "Superfortress" is afgelei van dié van sy bekende voorganger, die B-17 Flying Fortress. Hoewel ontwerp as 'n hoë-hoogte strategiese bomwerper, en aanvanklik gebruik in hierdie rol teen die Japannese Keiserryk, is hierdie aanvalle as teleurstellend bewys, en gevolglik is die B-29 as die primêre vliegtuig in die Amerikaanse vuurbomveldtog gebruik. Dit was op groot skaal betrokke in lae-hoogte nagtelike brandbombarderingsmissies. Een van die B-29 se finale rolle gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die uitvoering van die atoombomaanvalle op Hiroshima en Nagasaki.

Remove ads

Bewapening

'n Skiettoring met vier masjiengewere in die neus, met nog twee masjiengewere onder die neus en bo-en-onder die romp toegerus met 12.7 masjiengewere. Daar was ook een 20 mm kanon en twee 12.7 mm masjiengewere in die stertskiettoring.

Tegniese besonderhede

Meer inligting Item, Statistiek ...
Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads