Brits-Columbië

provinsie van Kanada From Wikipedia, the free encyclopedia

Brits-Columbië
Remove ads

Brits-Columbië of Brits-Kolumbië (Engels: British Columbia; Frans: Colombie-Britannique) is 'n provinsie aan die weskus van Kanada met 'n oppervlakte van 944 735 km².[1] Die provinsie het 5 000 879 inwoners. Sy hoofstad is Victoria, maar sy grootste stad en ekonomiese sentrum is Vancouver, wat ook die derde grootste stad in Kanada is.[2]

Meer inligting Colombie-BritanniqueBritish ColumbiaBrits-Columbië ...
Remove ads

Geografie

Thumb
Mount Robson in die Kanadese Rotsgebergte

Brits-Columbië lê aan die westekant van Kanada. Aan sy weskant lê die Stille Oseaan, dit het grense met die Amerikaanse deelstaat Alaska in die noordweste, die Yukon-gebiede en die Noordwestelike gebiede in die noorde, die provinsie Alberta in die ooste, en die deelstate Washington, Idaho, en Montana in die suide. Langs die kus van Brits-Columbië lê baie fjorde en eilande.

Die hoofstad Victoria lê op die suidelike punt van die grootste eiland, Vancouver-eiland, en het 330 700 inwoners in sy metropolitaanse gebied. Vancouver, met 2 208 300 inwoners, is in die suidwestelike hoek van die provinsie. Ander groot stede en dorpe is Abbotsford (150 000 inwoners) en Chilliwack (74 000) ook in die suidweste, Kelowna (147 739) en Kamloops (90 000) in die suidelike binnekant, Nanaimo (90 000) aan Vancouver-eiland, en Prince George (83 000), die grootste stad in die noorde van Brits-Columbië.

Die Fraserrivier ontspring en sy monding is in die provinsie.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads