Bruinkol-kurper
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Bruinkol-kurper (Serranochromis thumbergi) is 'n varswatervis wat in die Okavango-, Kunene- en Kafueriviere en boonste gedeelte van die Zambezirivier voorkom. In Engels staan die vis bekend as die Brownspot largemouth.
Remove ads
Voorkoms
Die wyfie is grysbruin en die vinne is blougrys met ligte blou rante. Die mannetjie is olyfbruin en die skubbe is roesrooi in die middel. Die onderkant van die kop en onderkant van die vis is roomkleurig en die pensvinne is geel terwyl die stert- en dorsalevinne olyf is met geel rante. Die anale vin is liggeel met oranje kolle op. Die vis word tot 33 cm lank en weeg ongeveer 1.2 kg. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 0.215 kg.
Remove ads
Habitat
Die vis leef in vloedvlaktes, kanale en lagunes maar verkies oop water. Hulle vreet insekte, krappe en vis. Die vis is hoofsaaklik 'n sportvis.
Sien ook
Eksterne skakel
Bron
- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads