ChristenUnie

From Wikipedia, the free encyclopedia

ChristenUnie
Remove ads

Die ChristenUnie (Nederlands: ChristenUnie, CU) is 'n Nederlandse ortodoks-Protestantse politieke party, wat in 2001 gestig is. Die ChristenUnie is uit twee Protestantse partye gevorm: die Gereformeerd Politiek Verbond (GPV) en die Reformatoriese Politieke Federasie (RPF).

Kitsfeite Leier, Gestig ...

Die politieke leier is Mirjam Bikker. Die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 is deur die ChristenUnie verloor. Die party het 3 setels behaal (-2).

Remove ads

Tweede Kamer

Setels gewen:

  • 2002 — 4
  • 2003 — 3
  • 2006 — 6
  • 2010 — 5
  • 2012 — 5
  • 2017 — 5
  • 2023 — 3

Deelname aan die regering

Van 22 Februarie 2007 tot 10 Oktober 2010 het die ChristenUnie met die CDA en de PvdA die Balkenende IV-kabinet gevorm. CU-politikus André Rouvoet was die tweede adjunk-premier.

Van 26 Oktober 2017 tot 10 Januarie 2022 het die CU met die VVD, CDA en D66 die Rutte III-kabinet gevorm. CU-politikus Carola Schouten was die derde adjunk-premier.

Sedert 10 Januarie 2022 vorm die CU met dieselfde partye die Rutte IV-kabinet. CU-politikus Carola Schouten is weer die derde adjunk-premier.

Remove ads

Partyleiers

Thumb
Partyleier Mirjam Bikker
  • Kars Veling: 17 Januarie 2001 — 12 November 2002
  • André Rouvoet: 12 November 2002 — 28 April 2011
  • Arie Slob: 28 April 2011 — 10 November 2015
  • Gert-Jan Segers: 10 November 2015 — 17 Februarie 2023
  • Mirjam Bikker: 17 Februarie 2023 — nou

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads