Cajuns

From Wikipedia, the free encyclopedia

Cajuns
Remove ads

Cajuns ([ˈkeɪdʒəns]; Frans: les Cadiens of les Acadiens [le kadjɛ̃, lez‿akadjɛ̃]) is 'n Franssprekende etniese groep wat in die suide van die Amerikaanse deelstaat Louisiana saamgetrek is.

Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...

Die naamgewende bevolkingselement was Franssprekende ballinge uit Akadië, 'n historiese streek in die huidige Atlantiese provinsies van Oos-Kanada, wat in die 18de eeu deur die koloniale Britse owerheid verdryf is en later met ander etniese groepe, waaronder Duitse setlaars, vermeng het. Cajun is 'n Anglo-Amerikaanse verbastering van die Franse Acadiens wat in Engels as Acadians oorgeneem is en later tot Cajuns ontwikkel het.

Thumb
Die tradisionele 22 Akadiese parogieë in Louisiana. Die donker gekleurde parogieë vorm die sogenaamde Cajun Heartland
Thumb
Cajun-violiste tydens die National Rice Festival in Crowley, Louisiana in 1938
Thumb
Na Cajun-musiek met snelle dansritmes word as Zydeco verwys. Die styl vind selfs in Duitsland aanhangers: Die Duitse musiekgroep Zydeco Annie & the Swamp Cats met tipiese Cajun-instrumente (soos die frottoir of wasbord regs) in 2019
Thumb
Aillet House in die administratiewe distrik West Baton Rouge Parish. Cajun-houthuise rus op baksteenpilare - 'n argitektoniese besonderheid wat Akadiese setlaars aan die Kreoolse boukuns ontleen het. In Louisiana se klimaat sou dit 'n slegte idee wees om houthuise regstreeks op die grond te bou - vogtigheid, oorstromings en insekplae is 'n konstante bedreiging. Die pilaar-konstruksie sorg daarnaas vir ventilasie en dien as stoorplek

Terwyl Laer Louisiana vanaf die laat 16de eeu deur Franse setlaars gekoloniseer is, voer Cajuns hul oorsprong terug na Akadiese vlugtelinge wat as gevolg van politieke spanninge tussen Groot-Brittanje en Frankryk in 1755 uit hul geboorteland Akadië - 'n streek wat destyds naas die huidige Nova Scotia en ander Atlantiese provinsies van Kanada ook dele van Oos-Quebec en Noord-Maine ingesluit het - verdryf is nadat hulle geweier het om die eed van trou aan die Britse Kroon te sweer.

Die meeste van hulle was bewoners van plattelandse gebiede wat hulle - ná jare van dwaaltogte - in die 1760's in die moeraslande van die Mississippi-rivierdelta gevestig en hier boerderye gestig het. Tot in die vroeë 20ste eeu is hul nedersettings en leefstyl nouliks deur hul Anglo-Amerikaanse omgewing geraak nie sodat hul eie taal, wat ou Wes-Franse dialekte as grondslag het, hul kenmerkende musiekstyl en kookkuns bewaar gebly het.

Cajuns verteenwoordig steeds 'n noemenswaardige persentasie van Suid-Louisiana se bevolking en het sedert hulle vestiging in dié gebied nie net hul eie dialek, Cajun-Frans, ontwikkel nie, maar ook beslissende invloed op Louisiana se kultuur en leefstyl uitgeoefen.[1]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads