Kalksponse
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die kalksponse (Calcarea) vorm 'n klas van die filum van sponsdiere (Porifera). Anno 2011 was daar 671 lewende spesies bekend, waarvan alle uitsluitlik in die see lewe.
Remove ads
Kenmerke
Kalksponse is klein (selde hoër as 10 cm), weinig kleurig en onopvallend. Hul parenkiem bestaan uit kalsiumkarbonaat. Fossielondersoek het uitgewys dat kalksponse reeds in die Kambrium bestaan het.
Verspreiding en leefgebied
Hierdie spons kom wêreldwyd voor in vlak water in splete, onder riwwe, op seewier en in grotte.
Onderliggende taksonomie
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
