Caledonrivier

rivier From Wikipedia, the free encyclopedia

Caledonriviermap
Remove ads

Die Caledonrivier (Sotho: Mohokare) is 'n rivier in Suid-Afrika. Dit vorm die grens tussen die Vrystaat en Lesotho.

Kitsfeite Koördinate: 30°31′21″S 26°4′21″O ...
Remove ads

Stroomgebied

Die rivier ontspring in Sentraal- Suid-Afrika in die Malutiberge naby Witsieshoek en die Monantsapas op die Lesotho-grens. Dit vloei suidweswaarts, eers langs Ficksburg en dan langs Maseru verby en is die grens met Lesotho tot by Wepener. Net suidwes van Wepener is die Welbedachtdam. Die rivier vloei verder suidwes en gaan onder die N6 nasionale pad deur tussen Smithfield en Rouxville. Net voor die rivier weswaarts in die Gariepdam invloei (naby Bethulie) lê die Tussen-die-Riviere Wildreservaat tussen die Caledon se suidelike oewer en die Oranjerivier. Dit het voorheen bekendgestaan as die Wilhelminarivier. [1][2]

Remove ads

Afmetings

Die rivier is 507 km lank, waarvan 290 km die grens tussen Lesotho en die Vrystaat vorm. Sy opvanggebied is 21 500 km² waarvan 6 750 km² in Lesotho geleë is.

Sytakke

Bekende sytakke is die Klein-Caledonrivier (wat in die Rooiberge van die Golden Gate-Hoogland ontspring), Phuthiatsanarivier (wat suid van Maseru in Lesotho ontspring), Leeurivier, Mopelispruit, Witspruit en die Slykspruit.

Besproeiing

Weens die afwesigheid van geskikte landbougrond naby die rivier is die ontwikkeling van besproeiingsprojekte blemmer.

Naam

Kolonel Robert Jacob Gordon het die rivier in 1777 besoek. Aanvanklik was die rivier as die Prinses Wilhelminarivier (Wilhelmina van Nederland) bekend, maar in 1809 het kol. Richard Collins (* 1774 - † 1813), die kommisssaris van die oostelike grensdistrikte van die Kaapkolonie, dit na die Kaapse goewerneur van die tyd vernoem.

Oorsprong

Damme

Damme in die rivier:

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads