Wepener

dorp in die Vrystaat, Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Wepenermap
Remove ads

Wepener is 'n landelike dorp in die Vrystaat, 130 km suidoos van Bloemfontein, naby die grens met Lesotho. Die R26 hoofpad gaan deur die dorp.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Remove ads

Geskiedenis

Die dorp is gestig in 1867 ter nagedagtenis aan Louw Wepener, 'n held van die Basoeto-oorloë wat in 1865 tydens 'n militêre konfrontasie met die Basoetos doodgeskiet is. Die dorp is geleë aan die Jammersbergspruit, 'n sytak van die Caledonrivier. Die NG gemeente is in 1870 gestig en die dorp het sy eerste bestuursraad in 1875 verkies.

Distrik

Die distrik is 1 725 km² groot. Gemengde boerdery word beoefen. Die grensdorp in Lesotho is Mafeteng en Van Rooyenshek is die grenspos tussen die twee dorpe.

Tweede Vryheidsoorlog

In die Wepenerdistrik het heelwat gevegte plaasgevind gedurende die 19de eeu. Gedurende die Anglo-Boere-oorlog in April 1900 is 2000 Britse soldate vir 17 dae deur genl Christiaan de Wet se magte beleër totdat versterkings op 25 April 1900 opgedaag het. Die Britse magte in die dorp is deur kolonel E.H. Dalgety gelei.

Geboortes

  • Jim Fouché (1898-1980), die derde Staatspresident van Suid-Afrika is gebore in Wepener.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads