Capitec Bank

bank in Suid-Afrika From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Capitec Bank is 'n Suid-Afrikaanse handelsbank wat in Stellenbosch, Wes-Kaap gestig is, en waarvan die hoofkantoor nog steeds daar gebasseer is. Addisionele operasionele takke is in Bellville en Johannesburg geleë.[1] Dit is een van die plaaslikbeheerde banke wat deur die Reserwebank, wat Suid-Afrikaanse banke reguleer, gelisensieer is.[2] Dit het op 1 Maart 2001 tot stand gekom en is op 18 Februarie 2002 op die JSE genoteer.[3]

Kitsfeite Tipe, Gestig ...

Capitec is deur Jannie Mouton, Michiel le Roux en Riaan Stassen gestig. Capitec het vier grondbeginsels: Eenvoud, waarde vir geld, toegangklikheid en kliëntervaring.

Remove ads

Oorsig

Capitec word as 'n kleinhandelsbank bedryf met die doel om bankwese te vereenvoudig. Hulle bedien individuele kliënte en besighede, maar bied nie besigheidsbankdienste vir beslote korporasies, maatskappye, vennootskappe of trusts nie. Die bank se hoof-finansiële beampte, André du Plessis, het in 2019 berig dat hulle 840 handelstakke (14 meer as 2018) landswyd bedryf met meer as 300 banktakke wat Sondae sake doen.[4] Capitec het oor die 3 418 OTM's (hulle eie en deur vennootskappe) en 12,6 miljoen aktiewe kliënte[5]. Van hierdie kliënte is 2,9 miljoen aktiewe toepgebruikers en 4,7 miljoen gebruik USSD-kodes. Capitec het ook meer as 360 000 aktiewe begrafnispolisse.[4]

Die bank bied 'n Global One-rekening, wat transaksie-, spaar-, kredietfasiliteite en 'n kredietkaat in 'n enkele produk aan kliënte bied. Capitec se bruto leningsboek staan op R60,25 miljard. R2,16 miljard van die lenings is drie maande of minder agterstallig. 4,7 miljoen van Capitec se kliënte het nou saam R81,4 miljard se deposito's by die bank.[5]

Capitec het in 2019 Mercantile Bank vir R3,2 miljard by Caixa Geral de Depósitos, 'n Portugese bank, aangekoop met die oog op besigheidsbankdienste.[6]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads