Cherokees

taal From Wikipedia, the free encyclopedia

Cherokees
Remove ads

Cherokees (ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi, [dʒalaˈɡî ɡawónihisˈdî]) is die enigste van die Irokese tale wat nog gebesig word, met 12 300 sprekers in die Amerikaanse deelstate Oklahoma,[5] Noord-Carolina,[6] Arkansas[7] en Kalifornië. Cherokees word deur die Cherokee-Indiane gepraat. Die oorspronklike naam van hierdie taal was Aniyunwiya, die huidige naam Tsalagi is van die Engelse term Cherokees afgelei, wat eens na die Irokese verwys het.

Thumb
Die woord Tsalagi ("Cherokee") in Cherokees-sillabeskrif
Thumb
Vroeëre verspreiding van Cherokees in die Verenigde State
Thumb
Die Cherokees-sillabeskrif, soos ontwerp deur Sequoyah

 

Kitsfeite Cherokees ᏣᎳᎩ ᎦᏬᏂᎯᏍᏗ, Tsalagi Gawonihisdi, Amptelike status ...

Cherokees is 'n polisintetiese taal met 'n onderwerp-voorwerp-werkwoord-volgorde en word met die unieke Cherokees-sillabeskrif, wat deur die bekende Sequoyah in die laat 1810's en vroeë 1820's ontwerp is, geskryf. Hedendaags is die meeste Cherokee tweetalig met Engels as tweede taal. Die Unesco beskou Cherokees as 'n bedreigde taal.

Dit is die inheemse taal van die Amerikas waarin die meeste literatuur, insluitende die Bybelse Nuwe Testament en Psalms, gepubliseer is. Die Cherokee Phoenix (ᏣᎳᎩ ᏧᎴᎯᏌᏅᎯ, Tsalagi Tsulehisanvhi) is die eerste koerant wat deur inheemse Amerikaners in die Verenigde State gepubliseer is en die eerste wat in 'n inheemse Amerikaanse taal uitgegee is.

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads