Cherokee
Inheemse Amerikaanse mense inheems aan die Suidoos-Verenigde State From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Cherokee (ah-ni-yv-wi-ya in Cherokees) is ’n inheemse Amerikaanse stam van die Amerikaanse deelstate Noord-Carolina en Oklahoma.[2] Dit is een van die stamme wat as die vyf beskaafde stamme beskryf is.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Cherokees.


Remove ads
Nunahi-Duna-Dlo-Hilu-I
President Andrew Jackson het in 1830 die Indian Removal Act ingevoer wat die inheemse stamme oos van die Mississippirivier verplig het om na die streke van die huidige deelstaat Oklahoma te trek. Die Cherokee het in 1838 die vyfde groot stam geword wat gedwing is om hulle tuiste te verlaat. Sowat 15 000 van hulle het vertrek, 'n klein groep het hulle verskuil in die Appalachegebergte. Op hierdie trek het vier duisend Cherokees gesterf aan honger, koue of siektes. Hulle noem hierdie trek die Nunahi-Duna-Dlo-Hilu-I, die "pad waar hulle gehuil het".[3] Die meeste Cherokee woon vandag steeds in Oklahoma, maar die oostelike bende wat in die berge gebly het, het later land in die weste van Noord-Carolina gekoop om daar 'n klein reservaat te stig.[4]
Remove ads
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
