Chloroform

chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia

Chloroform
Remove ads

Chloroform is 'n organiese verbinding met chemiese formule CHCl3. Dit is die drievoudige chloried van metaan.

Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Remove ads

Geskiedenis

Chloroform is in 1831 deur drie navorsers onafhanklik van mekaar ontdek:

  • Samuel Guthrie (1782–1848) (VS)
  • Eugène Souberian (1797–1859) (F)
  • Justus von Liebig (1803–1873) (D)

Die eerste aanwending was in die analgesie. Die Fransman Marie Jean Pierre Flourens het in 1847 hierdie aanwending op diere gemeld, maar die Skot James Young Simpson (1811–1870) het dit reeds in 1846 op mense geprobeer. In 1853 het selfs koningin Victoria by die geboorte van een van haar kinders chloroform gebruik en dit het hierdie aanwending populêr gemaak. Later het die kritiek gekom. Chloroform kan 'n onreëlmatige hartslag, lewerskade en nierskade veroorsaak en dit word teenswoordig altans in hierdie aanwending nie meer gebruik nie. Vandag word chloroform veral as oplosmiddel gebruik.[2]

Remove ads

Vervaardiging

Daar is verskeie metodes om chloroform te vervaardig. In die nywerheid word dit veral gedoen deur metaan en chloor saam te verhit. Metaan word stapsgewys gechlorineer deur 'n radikaal-meganisme:

Meer inligting , ...

Die eindproduk is 'n mengsel van chlorometane en byprodukte wat deur distillasie geskei moet word.

Remove ads

Biologiese chloroform

Thumb
Mycena metata

Lug wat met grond in kontak is, bevat dikwels hoër konsentrasies chloroform as normaal. Daar is navorsing wat uitwys dat bepaalde swamme soos die Basidiomycetes-spesies Mycena metata en Peniophora pseudopini en die Deuteromycetes-spesie Cardariomyces fumago chloroform kan vervaardig.[3]


Sien ook

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads