Chnoem

Egiptiese god From Wikipedia, the free encyclopedia

Chnoem
Remove ads

Chnoem was in die Egiptiese mitologie een van die vroegste gode, oorspronklik die god van die bron van die Nylrivier. Omdat die jaarlikse vloed van die Nyl die grond weer vrugbaar gemaak het, is geglo hy is die skepper van die liggame van menslike kinders, wat hy op sy pottebakkerswiel van klei gemaak en dit in vroue geplaas het.

Kitsfeite
Remove ads

Eienskappe

Thumb
Chnoem en die godin Heket, uit die Dendera-tempelkompleks in Dendara.

Chnoem is die derde aspek van Ra. Hy is die god van hergeboorte, die skepping en soms die aandson, hoewel dit gewoonlik die funksie van Atoem was. Die plekke waar hy aanbid is, is beskou as heilig. Hy is soms saam met Anoeket en Satet aanbid as die bewaker van die bron van die Nyl. Kinders is dikwels na hom genoem, met die naam Chnoem-Choefwy – "Chnoem is my Beskermer". Dit was die volle naam van farao Choefoe (Cheops), die bouer van die Groot Piramide van Giza.[1] Chnoem was ook verwant aan die god Min.[2]

Remove ads

Verwysings

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads