Heqet
Egiptiese godin From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Heqet was in die Egiptiese mitologie ’n godin van vrugbaarheid.
Vir die Antieke Egiptenare was die padda die simbool van lewe en vrugbaarheid, want baie van hulle is gebore ná die jaarlikse oorstroming van die Nylrivier, wat die grond weer vrugbaar gemaak het. ’n Padda-godin het dus in die mitologie ontstaan wat met vrugbaarheid verbind is. Haar naam is op baie verskillende maniere gespel, onder meer Heqat, Hekit of Heget.[1]
Sy is meestal uitgebeeld as ’n padda of ’n vrou met die kop van ’n padda, of soms as ’n padda aan die einde van ’n fallus om haar verbintenis met vrugbaarheid te wys. Daar word dikwels na haar verwys as die vrou van die god Chnoem.[2]
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
