Christopher Plummer

Kanadese akteur (1929–2021) From Wikipedia, the free encyclopedia

Christopher Plummer
Remove ads

Arthur Christopher Orme Plummer CC (13 Desember 19295 Februarie 2021) was ’n Kanadese teater-, rolprent- en televisieakteur.

Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Remove ads

Loopbaan

Thumb
’n Foto deur Carl van Vechten, 1959.

Nadat hy sy rolprentdebuut in die 1958 prent Stage Struck gemaak het, het hy ’n suksesvolle loopbaan gehad wat oor vyf dekades strek.

Van Plummer se mees noemenswaardige rolle was in Battle of Britain (1969), Waterloo (1970), The Return of the Pink Panther (1975), Murder by Decree (1979), Star Trek VI: The Undiscovered Country (1991), A Beautiful Mind (2001), Nicholas Nickleby (2002), The New World (2005), Inside Man (2006), The Imaginarium of Doctor Parnassus (2009) en The Girl with the Dragon Tattoo (2011). Hy het verskeie historiese figure uitgebeeld, onder andere Rudyard Kipling in The Man Who Would Be King (1975), Mike Wallace in The Insider (1999) en Leo Tolstoi in The Last Station (2009).

Van al sy uiteenlopende rolle is Plummer vir baie mense die bekendste vir dié van kaptein Georg von Trapp in die 1965-treffermusiekprent The Sound of Music, saam met Julie Andrews.[1] Hy het ook in verskeie televisieprojekte gespeel, soos die minireeks The Thorn Birds.

Plummer het talle pryse vir sy werk gewen, onder meer ’n Oscar, twee Emmys, twee Tonys, ’n Golden Globe, ’n Screen Actors Guild Award en ’n Bafta. Toe hy op die 84ste Oscar-toekenningsaand in 2012 op die ouderdom van 82 ’n Oscar wen vir Beginners, het hy die oudste persoon nog geword wat dié prys inpalm.

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads