Bastertambotie

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Bastertambotie
Remove ads

Die Bastertambotie (Cleistanthus schlechteri) ook bekend as valstambotie is 'n boom inheems aan Suid-Afrika. Dit kom in Suid-Afrika slegs voor in die Nwambiya-sandveld suid van Pafuri tot by die Mosambiekgrens van die Krugerwildtuin, maar word ook in Oos-Afrika tot in Kenia aangetref.[1] Dit behoort tot die familie Phyllanthaceae.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...

Die boom se FSA-nommer is 320.[2]

Remove ads

Beskrywing

Boom

Dit is 'n klein (6 m) bladwisselende boom met 'n enkele of spruitende hoofstam, taamlik regop met 'n minimaal verspreide kroon. Die boom het heelwat takke en kleiner takkies. Die stam is 'n vaal-geelgrys en die bas kraak in klein, min-of-meer reghoekige blokkies.

Blare

Eenvoudig, gedra op baie kort, knoestige, laterale takkies. Blare baie klein, ovaal tot eierrond, glad, kaal, donkergroen en blink aan die bokant.

Blomme

Blomme word deur albei geslagte gedra op aparte bome in klein trosse, geelgroen tot liggroen; (Oktober/November).

Vrugte

Kapsules van 1,0 x 0,8 cm, kaal en blink; bruin tot donkerbruin wanneer dit ryp is (Januarie/Februarie).

Remove ads

Galery

Sien ook

Bronne

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads