Kierieklapper

plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia

Kierieklapper
Remove ads

Die Kierieklapper (Combretum hereroense) is 'n klein boompie wat voorkom in die Krugerwildtuin, in die bosveld noord van Pretoria en suidwaarts tot binne KwaZulu-Natal. Die blaar lyk amper soos 'n muis se oor en die kleur wissel van diep tot grysgroen aan die bokant. Aan die onderkant is dit dikwels bedek met digte bruin, fluweelagtige hare wat die boom 'n bruin voorkoms gee. Die blare word deur vee en wild gevreet.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Remove ads

Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Ethiopië, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Somalië, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Daar is vier subspesies:

  • Combretum hereroense subsp. grotei (Exell) Wickens
  • Combretum hereroense subsp. hereroense
  • Combretum hereroense var. parvifolium (Engl.) Wickens
  • Combretum hereroense subsp. volkensii (Engl.) Wickens

Die boom se FSA-nommer is 538.[1]

Remove ads

Sien ook

Verwysings

Loading content...

Bronne

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads