Consolidated B-32 Dominator
Swaar bomwerper From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die Consolidated B-32 Dominator (Consolidated Model 34) was 'n Amerikaanse swaar en strategiese bomwerper wat ontwikkel en gebou is vir Amerikaanse Leër Lugmag gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig was die laaste vliegtuig wat in aksie was tydens die oorlog wat ook gelei het tot die laaste slagoffer in die lugoorlog gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Die vliegtuig was ontwikkel deur Consolidated Aircraft in parallel met die Boeing B-29 Superfortress as 'n maatreël ingeval die B-29 nie suksesvol was nie.[1] Die B-32 het die oorlogsteater in die Stille Oseaan eers in die middel van Mei 1945 bereik en was gevolglik min gebruik vir gevegs operasies teen Japanese teikens voordat hulle oorgegee het op 2 September 1945. Die meeste van die bestaande bestellings van die B-32 is kort daarna gekanselleer en slegs 118 B-32-vliegtuie van alle soorte is gebou.
Remove ads
Verwysings
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads