Cottbus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Cottbus (Neder-Sorbies: Chóśebuz [ˈxɨɕɛbus] Chöshebuss) is die tweede grootste stad in die Duitse deelstaat Brandenburg ná die hoofstad Potsdam. Langs Potsdam, Brandenburg an der Havel en Frankfurt (Oder) is Cottbus een van die vier plaaslike sentrums van die deelstaat Brandenburg en het die status van 'n selfregerende stad. Alhoewel net 'n klein minderheid van Cottbus se bevolking Sorbiessprekendes is, word Cottbus as die politieke en kulturele sentrum van die Sorbe in die Neder-Lausitzstreek beskou. Dit is ook die grootste amptelik tweetalige stad in die Bondsrepubliek Duitsland.

Met sy industrialisering en die begin van die bruinkoolmynbou in die 19de eeu het Cottbus tot 'n beduidende nywerheidstad gegroei. Vandag is die stad aan die rand van die Spreewald-bosgebied ook 'n belangrike kulturele en opvoedkundige sentrum met 'n universiteit, 'n staatsteater en uitgestrekte parke.
Remove ads
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads



