Cyclopia burtonii
Plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Die suikertee (Cyclopia burtonii) is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en kom in die Swartberge op hoogtes van 1600-2070 m. voor. Dit het 'n voorkomsgebied van 172 km² en daar is vier subpopulasies. Die totale populasie word op minder as 1000 plante beraam. Die plant is deel van die fynbos. Die plant word bedreig deur heuningbostee produseerders wat te veel plante pluk.
Remove ads
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads