Dawn-ruimtetuig

From Wikipedia, the free encyclopedia

Dawn-ruimtetuig
Remove ads
Remove ads

Die Dawn-ruimtetuig is een van NASA se onbemande ruimtesendings. Die ruimtetuig het aanvanklik die asteroïde Vesta bestudeer, maar wentel tans om die dwergplaneet Ceres. Beide Vesta en Ceres is in die Asteroïdegordel geleë. Dawn was die eerste ruimtetuig om Ceres, en die eerste om Vesta te besoek.[1] Dit is ook die eerste ruimtetuig wat om twee buiteaardse liggame gewentel het.

Thumb
'n Kunstenaarsvoorstelling van die Dawn-ruimtetuig wat sy ioonenjin afvuur, met Vesta links, Ceres regs en die Asteroïdegordel in die agtergrond.

Dawn is op 27 September 2007[2][3][4] vanaf Kaap Canaveral aan boord van 'n Delta 7925-H-vuurpyl gelanseer.[3][4] Dit het eers na Mars gereis om dié planeet se swaartekrag vir die tog verder te benut. In Februarie 2009 was dit die naaste aan Mars.[2]

Thumb
Een van die foto's wat Dawn van Vesta geneem het

Daarna het Dawn verder na Vesta gereis.[2] Dit het in Julie 2011 om hiérdie asteroïde begin wentel.[2] Op 5 September 2012 verlaat Dawn sy wentelbaan om verder na Ceres te reis.[1] Dit is op 6 Maart 2015 in 'n wentelbaan om Ceres geplaas.[1][5]

Remove ads

Verwysings

Loading content...
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads