Ruimtetuig

voertuig wat ontwerp is om ruimtereise te onderneem. From Wikipedia, the free encyclopedia

Ruimtetuig
Remove ads

'n Ruimtetuig of ruimteskip is 'n voertuig wat ontwerp is om ruimtereise, insluitend ruimteverkenning, te onderneem. Ruimtetuie word oorwegend volgens die aanwesigheid van passasiers aldan nie, die mate van outonome (robotiese) of menslike beheer, en volgens hul missieprofiel of -funksie gekategoriseer.

Thumb
Die ruimtependeltuig Discovery, hier vanuit die Internasionale Ruimtestasie gesien

Bemande ruimtetuie

Bemande ruimtetuie is ontwerp om mense die ruimte in te vervoer en 'n lewensondersteunende omgewing te skep om in te woon en werk. Voorbeelde sluit die Sojoes-ruimtetuig in, wat vir vervoer na die Internasionale Ruimtestasie (IRS) gebruik word, die Apollo-kapsules en die Orion-ruimtetuig.

Onbemande ruimtetuie

Onbemande ruimtetuie funsioneer sonder mense aan boord en word dikwels vir wetenskaplike verkenning of kommersiële doeleindes gebruik. Hierdie kategorie sluit die meeste satelliete, ruimtesondes, landers en rovers in.

Missieprofiel of -funksie

Robotiese ruimtetuie wat vir verkenning gebruik word, word dikwels volgens hul interaksie met 'n hemelliggaam geklassifiseer:

Verbyvlugruimtetuie is ontwerp om verby 'n hemelliggaam soos 'n planeet of asteroïde te beweeg en data op 'n afstand in te samel sonder om 'n langdurige wentelbaan te betree of te land. Die Voyager 1 en 2-sondes is klassieke voorbeelde, wat verby die buitenste planete gevlieg het en nou in die interstellêre ruimte is.

Wenteltuie is ontwerp om na 'n spesifieke hemelliggaam te reis en 'n stabiele omwentelingsbaan te volg vir uitvoering van meer omvattende langtermynstudies. Die Cassini-ruimtetuig, wat Saturnus en sy mane bestudeer het, is 'n voorbeeld.

Lander-ruimtetuie

Hierdie voertuie land op die oppervlak van 'n planeet, maan of asteroïde om inligting passief vanuit 'n stilstaande posisie in te samel. Die Viking 1 Mars Lander is 'n historiese voorbeeld. Rovers of dwaalrobotte is soortgelyk aan landers, en is insgelyk ontwerp om op 'n oppervlak te land, maar beskik oor die bykomende vermoë van beweging. Hulle verken die terrein aktief, neem monsters en beelde van verskeie plekke op hul roete. Die Mars-rovers Spirit, Opportunity, Curiosity en Perseverance is noemenswaardige voorbeelde.

Remove ads

Satelliete

Thumb
Voorbeelde van outonome vragruimtetuie wat steeds of in die verlede gebruik is om die Internasionale Ruimtestasie se voorrade aan te vul

Ander funksionele klassifikasies vir ruimtetuie sluit verskillende soorte satelliete in. Hulle word in 'n wentelbaan om die Aarde (of 'n ander liggaam) geplaas vir spesifieke funksies soos weermonitering, klimaatstudie, navigasie (waaronder GPS), kommunikasie-aflos of wetenskaplike waarneming. Ruimteteleskope is kragtige teleskope wat die ruimte in gestuur word om die heelal vry van atmosferiese vervorming waar te neem. Die Hubble- en James Webb-ruimteteleskope is prominente voorbeelde. Vragruimtetuie soos die Cygnus- of Dragon-kapsules is (soms) onbemande voertuie wat ontwerp is om voorrade, eksperimente en toerusting na ruimtestasies te vervoer.

Remove ads

Sien ook

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads