Deep South

From Wikipedia, the free encyclopedia

Deep South
Remove ads

Die term Deep South (of Amerikaanse Diep Suide) verwys as beskrywende kategorie na die suidoostelike kulturele en geografiese substreek van die Suidelike Verenigde State. In 'n historiese konteks word dit gebruik om na dié Suidstate te verwys wat in die tydperk voor die Amerikaanse Burgeroorlog sterk afhanklik was van 'n plantasiestelsel-landbousektor en slawerny en sodoende verskil het van die Upper South.

Thumb
Deelstate, wat op die kaart in donkerrooi aangedui word, vorm tans die Amerikaanse Diep Suide of Deep South. Aangrensende gebiede in Oos-Texas en Noord-Florida word ook algemeen by dié substreek van die Amerikaanse Suidstate gereken. Histories het dié sewe deelstate die oorspronklike Gekonfedereerde State van Amerika gevorm

Na die Diep Suide is algemeen ook verwys as die Lower South (Laer Suide) of die Cotton States (die Katoenstate).[1] Voor die grootskaalse binnelandse migrasie na die noordelike deelstate in die eerste helfte van die 20ste eeu het Afro-Amerikaners die demografiese meerderheid in 'n groot aantal gebiede en sommige deelstate gevorm. Tans verwys die term Deep South gewoonlik na dié deelstate waar bepaalde kulturele elemente, wat algemeen met die Amerikaanse Suidstate verbind word, in 'n gekonsentreerde vorm aangetref word.[2]

Amptelike toerismebemarkers sluit die deelstate Alabama, Kentucky, Louisiana, Mississippi en Tennessee by hul definisie van Deep South USA in.[3]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads