Demi Lee Moore
Suid-Afrikaanse sangeres From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Demi Lee Moore (7 Desember 1989, Worcester, Suid-Afrika), van Durbanville is ’n Suid-Afrikaanse sangeres en die wenner van die TV-musiekwerklikheidsreeks Die Kontrak op die TV-kanaal VIA. Sy het ’n platekontrak by Coleske Artists losgeslaan en op 2018 se Afrikaans Is Groot-konserte opgetree as deel van haar prys.[2]
Demi Lee se eerste liedjie by Coleske Artists, "Mis Eet Slaap Herhaal", is net voor die konsert uitgereik en was gou no. 1 op die Afrikaanse iTunes.[3]
Remove ads
Lewe
Demi Lee is op Worcester gebore, maar haar gesin het later na Durbanville getrek. Sy het op negejarige ouderdom begin sing en op 19 besluit om voltyds te sing.[4] Sy het onder meer vir ’n paar maande by The Barnyard Theatre aangesluit en is in 2013 benoem vir ’n Ghoema vir beste popalbum vir Net ’n Mens.[5] Sy het in 2014 aan Idols X deelgeneem, waar sy die sewende plek behaal het.[6] Haar enkelsnit "Liefdes Wen Resep" is in 2015 uitgereik en het binne die eerste dag die no. 1-plek op die Afrikaanse iTunes behaal.[7]
In 2018 het Demi Lee aan Die Kontrak deelgeneem. Dit was ’n realiteitsangkompetisie waarop agt aspirantmusieksterre ná ’n landwye aanlynveldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is. Hulle is deur mentors gebrei vir die uitklopkonserte wat hulle week na week moes aandurf. Demi Lee en Ivan Roux was die laaste twee deelnemers wat oorgebly het en Demi Lee het eindelik gewen. Haar mentor was Monique Steyn.[8]
Demi Lee se album Mis Eet Slaap Herhaal is op 30 November 2018 uitgereik. Dit bevat die volgende snitte:
- Mis Eet Slaap Herhaal
- Vulkaan
- Lelie
- Spore
- Lei My na die Water
- Sproetjies
- Ek Is Hier
- Diane (saam met Monique Steyn)
- My Alles
- Gooi Jou Arms om My
- Somebody to Love
Remove ads
Diskografie
Albums
- Net ’n Mens (2014)
- Mis Eet Slaap Herhaal (2018)
- Country (2019)
- Jy Ken My Naam (2021)
Liedjies
- Liefdes Wen Resep (2015)
- Jy Maak My Beter (2016)
- Amanda (2018, saam met Steve Hofmeyr)
- There was Jesus (2020, saam met Riaan Benadé)
Verwysings
Eksterne skakels
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads