Demis Roussos

From Wikipedia, the free encyclopedia

Demis Roussos
Remove ads

Demis Roussos (gebore Artemios Ventouris Roussos; Alexandrië, 15 Junie 1946Athene, 25 Januarie 2015) was 'n Griekse sanger. Hy het in die 1970's as 'n solokunstenaar internasionale trefferplate vervaardig nadat hy aanvanklik lid van Aphrodite's Child, 'n progressiewe rock-groep, was.

Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Thumb
Roussos in 1973.

Roussos het sy sololoopbaan in 1971 met die liedjie We Shall Dance begin. Aanvanklik was hy onsuksesvol, maar hy het deur Europa getoer en 'n vooraanstaande kunstenaar geword. Hy het sy solohoogtepunt in die 1970's bereik met 'n paar trefferalbums. Sy enkelsnit Forever And Ever het in 1973 (1976 in die Verenigde Koninkryk) die topplek in verskeie lande behaal. Sy ander treffers was My Friend The Wind, My Reason, Velvet Mornings, Goodbye My Love, Goodbye, Someday Somewhere en Lovely Lady of Arcadia.

Meer as 60 miljoen van sy albums is wêreldwyd verkoop.

Roussos is op 25 Januarie 2015 dood terwyl hy in die Ygeia-hospitaal in Athene, Griekeland, was.

Remove ads

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.
Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads