Die Dertigjarige Oorlog (1618–1648) was een van die verwoestendste konflikte in Europese geskiedenis. Die oorlog is hoofsaaklik (dog nie uitsluitlik) in Duitsland geveg en het met tye die meeste lande van Europa betrek. Seeoorlogvoering het ook oor die seë gereik en die koloniale vorming van toekomstige nasies beïnvloed.
Kitsfeite Datum, Ligging ...
Dertigjarige Oorlog |
Deel van die Europese godsdienstige oorloë |
 Die inname van Maagdenburg in 1631. |
Datum |
1618–1648 |
Ligging |
Europa (hoofsaaklik die Heilige Romeinse Ryk) |
Resultaat |
Vrede van Wesfale
- Habsburg-superioriteit ingekort
- Opkoms van die Bourbon-dinastie
- Opkoms van die Sweedse Ryk
- Agteruitgang van die feodalisme[1]
- Desentralisasie van die Heilige Romeinse Ryk
- Frans-Spaanse Oorlog tot 1659
- Aansienlike afname in krag en invloed van die Rooms-Katolieke Kerk
|
|
Strydende partye |
Protestantse lande en Geallieerdes
Swede
Frankryk (vanaf 1635)
Verenigde Provinsies
Denemarke-Noorweë (1625–1629)
Boheme (1618–1620)
Sakse
Rynse Palts
Brandenburg-Pruise
Brunswyk-Lüneburg
Engeland (1625–1630)
Transsilvanië
Hongaarse Anti-Habsburg Rebelle[2]
Zaporozhiese Kossake
Ottomaanse Ryk |
Rooms-Katolieke lande en Geallieerdes
Heilige Romeinse Ryk
Spanje
Koninkryk van Hongarye[3]
Koninkryk van Kroasië
Denemarke-Noorweë (1643–1645) |
Aanvoerders |
Gustav II Adolf (†)
Axel Oxenstierna
Johan Banér
Lennart Torstenson
Gustav Horn
Carl Gustaf Wrangel
Carl X Gustav
Alexander Leslie
Lodewyk XIII
Kardinaal de Richelieu
Marquis de Feuquieres (†)
Lodewik II de Bourbon
Henri de la Tour d'Auvergne
Frederik V
Jindrich Matyas Thurn
Christiaan I
Christiaan IV
Bernhard van Sakse-Weimar
Johann Georg I
Maurice van Nassau
Piet Pieterszoon Hein
William van Nassau
Frederik Hendrik
Maarten Tromp
Ernst Casimir
Hendrik Casimir I
George Villiers
Gabriel Bethlen
Ernst von Mansfeld
Christiaan van Brunswick
Bohdan Khmelnytsky |
Filips IV
Gaspar de Guzmán
Gonzalo Fernández de Córdoba
Ambrogio Spinola
Kardinaal-Infante Ferdinand
Gómez Suárez de Figueroa
Fadrique de Toledo
Antonio de Oquendo
Francisco de Melo
Diego Felipez de Guzmán
Albrecht von Wallenstein
Johann Tserclaes (†)
Keiser Ferdinand II
Keiser Ferdinand III
Franz von Mercy (†)
Johann von Werth
Gottfried Heinrich Graf zu Pappenheim
Maksimilian I |
Sterkte |
Totaal: 661 000 150 000 Swede 50 000 Dene en Noorweërs 75 000 Nederlanders 100-150 000 Duitsers 150 000 Franse 30-40 000 Bohemers 20 000-30 000 Hongaarse Anti-Habsburg Rebelle 6 000 Transsilvaniërs[4] |
Totaal: 450 000 300 000 Spanjaarde 100-200 000 Duitsers ± 20 000 Hongaarse en Kroatiese kavallerie[5] |
Ongevalle en verliese |
|
|
8 000 000 met inbegrip van burgerlike slagoffers[6] |
Sluit
Die oorsprong van die konflik en die doelwitte van die deelnemers is ingewikkeld en daar kan nie na één spesifieke geval verwys word as die hoofrede vir die oorlog nie. Die oorlog was oorspronklik geveg as 'n godsdienstige konflik tussen Protestante en Katolieke in die Heilige Romeinse Ryk, alhoewel geskille oor die interne politiek en balans van mag binne-in die Ryk ook 'n belangrike rol gespeel het.[7][8] In hierdie fase het die oorlog 'n voortsetting geword van die Bourbon-Habsburg-wedywering vir Europese politieke superioriteit, wat weer gelei het tot verdere oorlogvoering tussen Frankryk en die Habsburg-magte, met minder klem op godsdiens.[9]
Een van die grootste gevolge van die Dertigjarige Oorlog was die uitgebreide verwoesting van algehele streke; tallose gebiede is verweer deur plunderende troepe. Die bevolkings van die Duitse state, die Lae Lande en Italië het aansienlik afgeneem as gevolg van voorvalle van hongersnood en siekte, terwyl vegtende magte bankkrotskap in die gesig gestaar het.
In die 17de eeu was daar van leërs verwag om hul fondse grotendeels te verkry uit buit of huldeblyke (wat afgedwing is in die gebiede waar hulle gestasioneer is). Hierdie metode het 'n soort wetteloosheid aangemoedig, wat 'n swaar las vir inwoners van die beleërde gebiede was. Die Dertigjarige Oorlog is amptelik beëindig met die verdrae van Osnabrück en Münster, as deel van die groter Vrede van Wesfale.[10]