Dimetielselenied

chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia

Dimetielselenied
Remove ads

Dimetielselenied is 'n chemiese verbinding met die formule (CH3)2Se. Dit is die dimetiel-eter van waterstofselenied H2Se en dit is 'n vlugtige, kleurlose, stinkende vloeistof wat 'n sterk knoffelrige reuk het.

Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...

Die stof kan uit natriumselenied en 'n metielsulfaat vervaardig word volgens die reaksie:[4]

Dit is in dieremodelle vasgestel dat seleen 'n kankervoorkomende werking het, maar die aktiewe vorme van die element is nie bekend nie, en die rol van hierdie verbinding is nie duidelik nie.[1]

Rotte wat met selenaat ingespuit is, stel die stof in hul asems vry en die organismes Scopulatiopis brevicaulis en Aspergillus niger doen dit ook wanneer selenaat of seleniet by hulle voeding gevoeg word.[5] Die stof speel 'n rol in die vervlugtiging van seleen uit die grond, omrede dit deur bakterieë vrygestel kan word.[2] In die atmosfeer het die molekule net 'n kort lewensduur (ure) omdat dit met hidroksiel- of nitraatradikale en osoon sal reageer.[6]Die stof word gebruik as standaard in 77Se – kernspinresonansie.[7]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads