Disa flexuosa
plantspesie From Wikipedia, the free encyclopedia
Remove ads
Disa flexuosa is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Noord- en die Wes-Kaap. Die plant is uitgestorwe op die Kaapse Skiereiland. Dit kom nou voor van die Wes-Kaapse laeland, vanaf Nieuwoudtville suidwaarts tot by Caledon en ooswaarts tot by die Hexrivier-vallei. Daar is 36 subpopulasies op rekord waarvan tien nie meer mag bestaan nie. Die plant word bedreig deur stedelike ontwikkeling, gewasverbouing en indringerplante.
Remove ads
Bronne
Wikiwand - on
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Remove ads
