Distikstofpentoksied

chemiese verbinding From Wikipedia, the free encyclopedia

Distikstofpentoksied
Remove ads

Distikstofpentoksied is 'n stikstofoksied met formule N2O5. In hierdie verbinding met suurstof het stikstof die hoogste oksidasietoestand N(V). Dit is die anhidraat van salpetersuur. Dit is 'n vastestof met 'n lae smeltpunt, wat daarna ontbind, soms met 'n ontploffing.

Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Remove ads

Reaktiwiteit

N2O5 kan gevorm word deur salpetersuur op fosforoksied te drup:

N2O5 is 'n sterk oksideermiddel en word gebruik om watervrye nitrate te vervaardig, bv: [1]

N2O5 reageer vryelik met water, byvoorbeeld vog in die lug, om salpetersuur te vorm:

N2O5 word soms opgelos in suiwer salpetersuur. Hierdie oplossing verhoed die ontstaan van water, omdat dit onmiddellik deur die pentoksied in salpetersuur omgesit sal word. N2O5 ondergaan 'n dissosiasie-ewewig in hierdie oplossing en vorm ione:

Dit kom ooreen met die heksagonale kristalstruktuur wat uit plat driehoekige nitraat-ione en lineêre nitroniumione bestaan.[2] Dit is in der waarheid 'n sout: nitroniumnitraat. Die damp bestaan nogtans uit O2N-O-NO2-molekule. [3]

N2O5-oplossings in salpetersuur kan gebruik word om watervrye metaalnitrate te vervaardig. 'n Toriumnitraathidraat gee aanvanklik 'n adduk:

Die adduk kan in vakuum verhit word tot 150-160 °C om die watervrye Th(NO3)4 vry te stel.[4]

Remove ads

Verwysings

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads