Double Asteroid Redirection Test

From Wikipedia, the free encyclopedia

Double Asteroid Redirection Test
Remove ads

Die Double Asteroid Redirection Test (DART) was 'n ruimtesending van Nasa wat 'n metode getoets het om die Aarde teen nabyaardevoorwerpe (NAV's) te beskerm.[1] Die gekose teikenasteroïed was Dimorfos, 'n maan van die asteroïed Didumos.

Thumb
'n Animasie van DART om Didumos - Impak op Dimorfos
     DART ·      Didumos ·      Dimorfos
Kitsfeite Afkorting, Soort sending ...

Nie een van die astroïede hou 'n gevaar vir die Aarde in nie, maar hulle gesamentlike eienskappe het hulle die ideale toetsteiken gemaak. Die DART-ruimtetuig is op 24 November 2021 gelanseer en het op 26 September 2022 suksesvol met Dimorfos gebots, sowat 11 miljoen km van die Aarde af. Die botsing het Dimorfos se wentelperiode met 32 minute verkort, veel meer as die beplande minimum van 73 sekondes.[2] DART se sukses in die afkering van Dimorfos was te danke aan die momentumoordrag van die terugslag van die puin wat uitgeskiet is, wat aansienlik groter was as wat deur die impak self veroorsaak is.[3]

DART was 'n gesamentlik projek van Nasa en die Johns Hopkins-universiteit se Applied Physics Laboratory. Die Italiaanse Ruimteagentskap se bydrae was LICIACube, 'n CubeSat wat die botsing afgeneem het. Ander internasionale vennote, soos die Europese Ruimteagentskap (ESA) en die Japannese agentskap JAXA, dra by tot verwante of toekomstige projekte.[4]

Remove ads

Ruimtetuig

Die DART-ruimtetuig was 'n impaktor met 'n massa van 610 kg[5] wat geen wetenskaplike vrag vervoer het nie en sensors gehad het net om te vlieg. Dit het VS$330 miljoen gekos teen die tyd dat dit in 2022 teen Dimorfos gebots het.[6]

Thumb
LICIACube CubeSat is 'n metgeselsatelliet van die Dart-ruimtetuig

Sekondêre ruimtetuig

Die Italiaanse Ruimteagentskap het 'n sekondêre ruimtetuig met die naam LICIACube ("Light Italian CubeSat for Imaging of Asteroids") tot die sending bygedra. Dit was 'n klein CubeSat wat deur DART "geabba" is en op 11 September 2022 (15 dae voor die botsing) weggebreek het. Dit moes foto's van die botsing en uitgeworpe materiaal neem terwyl dit verby die asteroïed dryf.[7] LICIACube het direk met die Aarde gekommunikeer en foto's teruggestuur.[8]

Remove ads

Uitwerking op asteroïede

Die ruimtetuig het Dimorfos reg van voor getref in die rigting warin dit beweeg het. Dimorfos se onmiddellike wentelspoed het dus vanweë die impak effens afgeneem, wat die radius van sy wentelbaan om Didumos laat afneem het. Didumos se baan is ook verander, maar nie veel nie. Die werklike verandering in die snelheid en wentelbaan het onder andere afgehang van die topografie en samestelling van die oppervlak.[9] Die verkryging van inligting oor die verandering in momentum was een van die hoofdoelwitte van die sending en sal modelle van toekomstige botsings teen asteroïede verfyn.[10]

Die botsing het gelei tot die vorming van 'n impakkrater op Dimorfos en het die vorm van die maan verander, sonder dat veel massa verlore gegaan het. Van die uitgeworpe materiaal kan eindelik Didumos se oppervlak tref. Die vervorming van een van die liggame sou hulle gesamentlike swaartekragveld verander het, en dit sou gelei het tot 'n verandering in die wentelperiode, bykomend tot die verandering wat deur die impak teweeggebring is.[11]

Thumb
Die teleskoop SOAR wys die groot pluim stof en puin wat van Dimorfos se oppervlak weggeblaas is.

Waarneming van die botsing

DART se metgeseltuig, LICIACube,[12][8] die Hubble-ruimteteleskoop, James Webb-ruimteteleskoop en die aardgebaseerde asteroïedwaarskuwingstelsel ATLAS het almal die materiaal gesien wat deur die impak weggeskiet is.[13][14] Op 26 September het die Suidelike Astrofisiese Navorsingsteleskoop SOAR waargeneem dat die sigbare spoor van die botsing langer as 10 000 km was.[15]

Die botsing is beplan vir 'n oomblik toe die afstand tussen Didumos en die Aarde baie klein was sodat baie teleskope op verskillende plekke dit kon waarneem. Die verandering in Dimorfos se wentelbaan is deur teleskope waargeneem, asook die feit dat die maan se wentelbaan met 32 minute verkort is.[16]

Remove ads

Opvolgsending

In 'n samewerkende projek het die Europese Ruimteagentskap die Hera-ruimtetuig ontwerp wat in Oktober 2024 na Didumos gelanseer is.[7][17] Hera vervoer twee CubeSats, Milani en Juventas.[18]

Verwysings

Skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads